Gamma Ceti (γ Ceti, afgekort as Gamma Cet of γ Cet), tradisioneel bekend as Kaffaljidhma, is ’n veelvoudige ster in die sterrebeeld Walvis (Cetus). Dit het ’n skynbare magnitude van 3,47. Volgens parallaksmetings is dit sowat 80 ligjare van die Son af.
Eienskappe Dit lyk of Gamma Ceti ’n driedubbele ster is. Die twee binneste sterre het ’n hoekskeiding van 2,6 boogsekondes. Die primêre komponent van dié paar het ’n skynbare magnitude van 3,6. Dit is ’n hoofreeksster met ’n sterreklassifikasie van A3 V. Die dowwer sekondêre komponent is ook ’n hoofreeksster, met ’n klassifikasie van F3 V en ’n magnitude van 6,6. Die kontrasterende kleure van hierdie twee sterre maak hulle gewild onder amateursterkykers. Die twee kan onder ideale toestande deur ’n klein teleskoop onderskei word, hoewel dit soms deur selfs ’n groter teleskoop moeilik is. Sowat 840 boogsekondes van hulle af is ’n dowwe ster met ’n magnitude van 10,2 en ’n klassifikasie van K5.
Gamma Ceti is sowat 300 miljoen jaar oud en dit lyk of dit lid is van die sterrestroom wat losweg verbind word met die Ursa Major- bewegende groep.
Name Die ster se Bayer-naam is "Gamma Ceti" en sy Flamsteed-naam "86 Ceti". Die tradisionele naam, "Kaffaljidhma", kom van die Arabiese الكف الجذماء al-kaf al-jaðmāʼ "die kortgekapte hand".
In 2017 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Kaffaljidhma" vir die ster Gamma Ceti A goedgekeur omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het eerder as aan stergroepe.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Veelvoudige sterre Kategorie:Walvis (sterrebeeld) Kategorie:A-tipe hoofreekssterre Kategorie:F-tipe hoofreekssterre Kategorie:K-tipe hoofreekssterre