Die Olimpiese Somerspele 2028 (Engels: 2028 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXXIVste Olimpiade, sal tussen 21 Julie en 6 Augustus 2028 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied word. Dit sal die 34ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die derde keer wees dat Los Angeles die spele organiseer na hulle eerste spele in 1932 en daarna in 1984. Daarmee sal Los Angeles naas Londen en Parys die derde stad word wat driekeer 'n Olimpiese Somerspele aanbied. Vir die Verenigde State sal dit die vyfde Olimpiese Somerspele wees wat hulle gaan aanbied, 'n algehele rekord.

duimnael|links|Die Los Angeles Memorial Coliseum sal die eerste stadion word wat driekeer 'n Olimpiese Somerspele gaan aanbied duimnael|links|400px|Kaart van deelnemende nasies in 2028:

Gasheerstad Los Angeles Die opening- en sluitingseremonies sal in die LA-stadion by Hollywood Park in Los Angeles plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer die Verenigde State laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.

Die Paralimpiese Somerspele 2028 sal ook in Los Angeles gehou word.

Toewysing duimnael|upright|Casey Wasserman, hoof van Los Angeles se reëlingskomitee Los Angeles is op 13 September 2017 in Lima deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2028. Die enigste ander kandidaat was Parys, maar het hulself voor die stemming onttrek en vir die Olimpiese Somerspele 2024 beskikbaar gestel.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2028 Stad Land Stemme Los Angeles eenparig

Sporte Moontlike sportsoorte Volgens die huidige beleid van die Internasionale Olimpiese Komitee bevat die Olimpiese Somerspele se program 28 kernsporte wat tydens die Spele beoefen word, terwyl ander sporte met ondersteuning deur die IOK en die reëlingskomitee ingesluit kan word om die plaaslike belangstelling te verhoog. Die aantal atlete word op 10 500 beperk.

'n Aantal beheerliggame het planne aangekondig om sporte in die Olimpiese Somerspele 2028 se program te laat opneem: Die Wêreld-bofbal-sagtebalkonfederasie (WBSC) het aangekondig dat hulle bofbal en sagtebal op die 2028-program wil laat inskryf en verwys na bofbal as een van die belangrikste sportsoorte in die Verenigde State. Dié sport is sedert 2008 nie meer 'n Olimpiese sportsoort nie, maar het 'n eenmalige verskyning in 2020 gemaak. In Augustus 2021 het die Internasionale Krieketraad (IKR) aangekondig om 'n werksgroep in te stel wat die insluiting van krieket by die Olimpiese Somerspele 2028 en/of die Olimpiese Somerspele 2032 sal ondersoek, insluitende verteenwoordigers van VSA Krieket, die Asiatiese Krieketraad, Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) en Zimbabwe Krieket. Dié aansoek word ook deur die Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI) ondersteun. Krieket sal tydens die Statebondspele 2022 in Birmingham met 'n Twintig20-vrouetoernooi beoefen word. Die Nasionale Voetballiga (NFL) en die Internasionale Federasie van Amerikaanse Voetbal (IFAF) beplan om vir die insluiting van vlagvoetbal, 'n niekontakvariant van Amerikaanse Voetbal, aansoek te doen.

Olimpiese sportsoorte 32 Olimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word. Tydens die Spele sal 329 medaljes oorhandig word.

Stadions Downtown Los Angeles Sports Park duimnael|Die Los Angeles Memorial Coliseum se Olimpiese fakkel duimnael|Nagaansig van die Staples Center StadionSporteKapasiteitStatusFigueroa Street Live site: "Olympic Way" – Street art, verkopers en vermaak wat die USC en L.A. Live in Downtown Los Angeles met mekaar verbindn.v.t.KlaarLos Angeles Memorial ColiseumAtletiek70 607KlaarBanc of California StadiumSokker (groepfase, kwarteindrondte, vroue se derde plek)22 000KlaarAtletiek (diskus-, spies- en hamerkwalifikasies)20 000Dedeaux Field (USC)Swem, sierduik, gesinkroniseerde swem20 000Tydelike struktuur op bestaande plekGalen Center (USC)Pluimbal10 300KlaarKarateLos Angeles Convention CenterBasketbal (vroue se groepfase)8 000KlaarBoks8 000Skermsport7 000TaekwondoTafeltennis5 000BMX vrystyl8 000Staples CenterBasketbal (man se groepfase, eindstryd)18 000KlaarMicrosoft TheaterGewigoptel7 000KlaarUSC VillageMedia Villagen.v.t.KlaarGrand ParkMaraton5 000KlaarWedloopFietsry (pad)

Valley Sports Park StadionSporteKapasiteitStatusSepulveda Basin ParkKanovaart slalom8 000Konstruksie beplanRuitersport15 000Tydelike struktuurSkyfskiet3 000Tydelike struktuur

South Bay Sports Park duimnael|StubHub Center StadionSporteKapasiteitStatusStubHub Center HoofstadionRugby30 000KlaarModerne vyfkamp(uitsluitende skermsport)30 000KlaarStubHub Center BoksstadionTennis10 000 (sentrale baan)KlaarStubHub Center Baan en VeldfasiliteitVeldhokkie15 000 (primêre veld)5 000 (sekondêre veld)KlaarVELO Sports CenterFietsry (baan)6 000KlaarModerne vyfkamp (skermsport)6 000Klaar

Long Beach Sports Park duimnael|Long Beach StadionSporteKapasiteitStatusLong Beach WaterfrontBMX-wedren6 000TydelikWaterpolo8 000TydelikDriekamp2 000KlaarOopwaterswem2 000KlaarLong Beach ArenaHandbal12 000KlaarBelmont Veterans Memorial PierSeilvaart6 000Klaar

Westside duimnael|Riviera Country Club duimnael|The Forum StadionSporteKapasiteitStatusSanta Monica State Beach en Venice BeachStrandvlugbal12 000TydelikSkaatsplankry10 000KlaarBranderplankry8 000Klaar3x3 basketbaln.v.t.KlaarRiviera Country ClubGholf30 000KlaarUniversiteit van Kalifornië, Los AngelesOlimpiese dorp en opleidingsentrumn.v.t.KlaarPauley Pavilion(Universiteit van Kalifornië, Los Angeles)Stoei12 500KlaarJudo12 500KlaarLA Stadium at Hollywood Parkseremonies (opening/sluiting)70 000–100 000In aanbouSokker(mans se kwarteindrondte en eindstryd,vroue se halfeindrondte)70 000–100 000Boogskiet8 000(Stadionmeer)The ForumGimnastiek17 000Klaar

Suidelike Kaliforniese stadions duimnael|UCLA Studentehuisvesting van die Olimpiese dorp StadionSporteKapasiteitStatusRose BowlSokker (vroue se kwarteindrondte en eindstryd,mans se halfeindrondte en derde plek)92 000KlaarLake PerrisKanovaart snel12 000KlaarRoei12 000KlaarFrank G. Bonelli StreeksparkBergfietsry3 000TydelikDodgerstadionBofbal/Sagtebal56 000KlaarAngelstadion45 000Honda CenterBinnenshuise vlugbal18 000KlaarAnaheim Convention Center(Die arena by die Anaheim)6 000Klaar

Sien ook Olimpiese Somerspele 1904 in St. Louis Olimpiese Winterspele 1932 in Lake Placid Olimpiese Somerspele 1932 in Los Angeles Olimpiese Winterspele 1960 in Squaw Valley Olimpiese Winterspele 1980 in Lake Placid Olimpiese Somerspele 1984 in Los Angeles Olimpiese Somerspele 1996 in Atlanta Olimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake City

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Olimpiese Somerspele 2028 LA 2028 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.

Kategorie:Sport in Los Angeles 2028 2028 Kategorie:Sport in 2028