Esmé Berman (2 Julie 1929 – 4 Junie 2017) was 'n skrywer, lektor, navorser, uitsaaier, historikus en kunskonsultant. Sy is in Johannesburg gebore. Op 20 November 1970 het haar boek Art and Artists of South Africa verskyn. Dit was voor Kersfees van daardie jaar uitverkoop en is vier keer herdruk.
Berman het op die ouderdom van 15 gematrikuleer en studeer daarna drama by die Trinity College in Londen. Sy verwerf 'n B.A.-graad asook honneursgrade in sielkunde en kuns. In 2016 het die Universiteit van die Witwatersrand 'n eredoktorsgraad aan haar toegeken. Sy het die laaste paar jaar voor haar dood aan parkinsonsiekte gely. Sy was getroud met Hymie Berman.
Bron Lategan, Herman: Kuns verloor sy grootste kampvegter, Rapport, 11 Junie 2017.
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 2017