Louis Harold Gray FRS (10 November 1905 – 9 Julie 1965), was 'n wiskundige en fisikus. Hy is bekend vir sy werk op die gebied van die uitwerking van radioaktiwiteit op die menslike liggaam. Die SI-eenheid, die gray is in sy eer so genoem.

In 1930 behaal Gray sy PhD-graad by die Universiteit van Cambridge. Sy tesis behandel die absorbsie van harde gammastrale. Hy het tot 1933 aanhou om by Cambridge Universiteit navorsing te doen. Daarna kry hy 'n navorsingspos by Mount Vernon Hospitaal waar hy die nuwe vak van radiobiologie geskep het. In 1953 word hy direkteur van die nuwe BECC- (British Empire Cancer Campaign) navorsingslaboratorium. Die laboratorium is op die erf van die Mount Vernon Hospitaal opgerig. Ná Gray se dood is die laboratorium as die Gray Cancer Institute hernoem.

Die SI-eenheid, die gray (simbool Gy) is in sy eer so genoem. Een gray word gedefinieer as die hoeveelheid straling wat veroorsaak dat een joule energie deur een kilogram materiaal (gewoonlik biologiese weefsel) geabsorbeer word.

Verwysings

Kategorie:Britse fisici Kategorie:Britse wiskundiges Kategorie:Fellow of the Royal Society Kategorie:Wiskundiges in die 20ste eeu Kategorie:Geboortes in 1905 Kategorie:Sterftes in 1965