duimnael|links|Wade (regs) met George W. Bush tydens 'n besoek aan die VSA in 2001. Abdoulaye Wade (29 Mei 1926) was die derde President van Senegal, in die amp vanaf 2000 tot 2012. Hy is ook die leier van die Senegalese Demokratiese Party, 'n liberale party wat lid van die Liberal International is. Hy het die opposisie dekades lank gelei en is soms uit die land verban en gevange geneem vanweë sy politieke bedrywighede.

Hy word president op 1 April 2000 nadat hy die bekleër in daardie stadium, Abdou Diouf, verslaan het, maar word gedwing om politieke mag te deel met die voormalige regerende party, die Sosialiste Party, wat 'n meerderheid in die wetgewer behou het tot die Demokratiese Party se oorwinning in die 2001-parlementêreverkiesings. Hy is een van die hoogste opgevoede huidige leiers in Afrika met doktorsgrade in regte en ekonomie.

'n Nuwe grondwetNuwe grondwet (in Frans) is in 2001 opgestel waarvolgens die termyn van toekomstige presidente tot vyf jaar beperk sal word na die voltooiing van Wade se sewe-jaar-termyn in 2007. Wade het egter die verkiesinge in 2007 gewen met 55,9% stemme in die eerste rondte, ver voor sy opponente.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Presidente van Senegal Kategorie:Ministers Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Lewende mense