Ernst Heinrich Philipp August Haeckel (16 Februarie 1834 – 9 Augustus 1919)"Ernst Haeckel – Britannica Concise" (biography) Encyclopædia Britannica Concise, 2006, Concise. Britannica.com webpage: CBritannica-Haeckel . was ’n Duitse bioloog, naturalis, filosoof, fisikus, professor en kunstenaar wat duisende nuwe spesies ontdek, beskryf en ’n naam gegee het, en ’n stamboom saamgestel het wat alle lewensvorme omvat. Hy het ook baie terme in biologie uitgedink, onder meer "antropogenie", "ekologie", "filum", "filogenie", "stamsel" en "Protista"."Ernst Haeckel" (artikel),Duitse Wikipedia, 26 Oktober 2006, URL: DE-Wiki-Ernst-Haeckel
duimnael|160px|links|Seeanemone uit Ernst Haeckel se Kunstformen der Natur van 1904.
Haeckel het Charles Darwin se werk in Duitsland bevorder en gewild gemaak,Ruse, M. 1979. The Darwinian Revolution. Chicago: University of Chicago Press. en die invloedryke maar tans minder gewilde biogenetiese wet daargestel waarvolgens embrioniese ontwikkeling (ontogenese) ’n kortlikse herhaling van evolusionêre ontwikkeling (filogenese) is.
Sy gepubliseerde kunswerke sluit meer as 100 gedetailleerde, veelkleurige illustrasies van diere en see-organismes in. As filosoof het hy Die Welträtsel (1895–1899)Die Welträthsel (1895–1899), ook gespel Die Welträtsel (Die Raaisel van die Heelal), 1901 geskryf, asook Freedom in Science and TeachingFreedom in Science and Teaching. Duits 1877, Engels 1879, om die onderrig van evolusie te steun.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Duitse bioloë Kategorie:Duitse filosowe Kategorie:Duitse fisici Kategorie:Duitse kunstenaars Kategorie:Duitse skrywers Kategorie:Geboortes in 1834 Kategorie:Sterftes in 1919 Kategorie:Filosowe in die 19de eeu