duimnael|250px|’n Taoïstiese ritueel in die Qingyanggong (Groen Bok-tempel) in Chengdu. duimnael|250px|Priesters van die Zhengyi-orde buig tydens 'n rite in die Wit Wolk-tempel in Shanghai.

Taoïsme, ook bekend as Daoïsme, is ’n godsdiens- of filosofiese tradisie van Chinese oorsprong met die klem op ’n lewe in harmonie met die Tao (Chinees: 道, letterlik die "Weg"; pinyin-spelling: Dao). Die Tao is ’n basiese idee in die meeste Chinese filosofiese skole; in Taoïsme dui dit egter op die beginsel wat die bron, patroon en wese is van alles wat bestaan.Creel, What Is Taoism?, 2 Taoïsme het parallel aan Confucianisme en Boeddhisme ontwikkel. Dié drie strominge het gesamentlik die grondslag van Neo-Confucianisme gevorm. Taoïsme verskil van Confucianisme deur nie klem te lê op ’n rigiede rituele en sosiale orde nie.

Taoïstiese etiek wissel van skool tot skool, maar in die algemeen word klem gelê op wu wei (optrede sonder inspanning), "natuurlikheid", eenvoud, spontaniteit en die Drie Skatte: 慈 meegevoel, 儉 "matigheid" en 不敢為天下先 "ootmoed".

Taoïsme dateer van minstens die 4de eeu v.C. Vroeë Taoïsme het sy kosmologiese idees gekry van die Skool van Yinyang (Naturaliste), en is grootliks beïnvloed deur een van die oudste geskrifte van die Chinese kultuur, die Yijing, wat ’n uiteensetting gee van ’n filosofiese stelsel oor hoe om menslike gedrag in ooreenstemming met die wisselende siklusse van die natuur te hou. Die Daodejing, ’n kompakte boek wat leringe bevat waarvoor Laozi (vroeër Lao-tsoe) die eer kry, word wyd beskou as die hoeksteen van die Taoïstiese tradisie, saam met die latere Zhuangzi, die werk van Zhuangzi (vroeër Tsjoeang-tsoe).

Teen die tyd van die Han-dinastie (206 v.C. tot 220 n.C.) is die verskeie bronne van Taoïsme verenig in ’n samehangende tradisie van godsdienstige organisasies en ordes in die staat Shu (die moderne Sichuan). In die China van vroeër is Taoïste beskou as hermiete of kluisenaars wat nie aan die politieke lewe deelgeneem het nie. Van hulle was Zhuangzi die bekendste, en dit is betekenisvol dat hy in die suide gewoon het, waar hy deel was van die plaaslike sjamanistiese tradisies.Nadeau, Randal L. (2012). The Wiley-Blackwell Companion to Chinese Religions. Malden, MA: Blackwell. Vroeë Taoïstiese bewegings het hul eie instellings ontwikkel in teenstelling met sjamanisme, maar het basiese sjamanistiese elemente opgeneem.Catherine Despeux, "Women in Daoism", in pp. 403-404 Institusionele ordes van Taoïsme het in verskeie rigtings ontwikkel; in moderne tye kan dit in twee hooftakke verdeel word: Quanzhen- en Zhengyi-Taoïsme.Chan, Kim-Kwong (2005). "Religion in China in the Twenty-first Century: Some Scenarios". Religion, State & Society. 33 (2). doi:10.1080/09637490500118570 Ná Laozi en Zhuangzi het die geskrifte van Taoïsme geleidelik aangegroei en is dit in die vorm van ’n kanon saamgestel: die Daozang. Deur die Chinese geskiedenis is Taoïsme verskeie kere as ’n staatsgodsdiens benoem, maar ná die 17de eeu het dit in onguns geraak.

Vandag is die Taoïstiese tradisie een van die vyf amptelik erkende leerstellings in die Volksrepubliek van China en Taiwan. Dit vind ook aanklank in ander gemeenskappe,The Ancient Chinese Super State of Primary Societies: Taoist Philosophy for the 21st Century, You-Sheng Li, Junie 2010, p. 300 veral Hongkong, Macau en Suidoos-Asië.

Taoïsme as term Die woord "Taoïsme" word gebruik om verskillende Chinese terme te vertaal wat na verskillende aspekte van dieselfde tradisie verwys:Pregadio, 2008. Vol. 1, p. xvi. "Taoïstiese godsdiens" (道教 dàojiào, "die leringe van die Tao")Pregadio, 2008. Vol. 1, p. 327, Daoshi – ’n groep georganiseerde godsdiensbewegings wat begrippe en terminologie deel met die "Taoïstiese filosofie";Robinet (2000), p. xxix "Taoïstiese filosofie" (道家 dàojiā, "skool of familie van die Tao"), of die mistieke aspek – die filosofiese leerstellings wat geskoei is op die geskrifte Yijing, Daodejing en Zhuangzi.

Dié onderskeid word egter deur die meeste Westerse en Japannese geleerdes verwerp.Robinet (1997), p. 3Kohn (2000), p. xi

Oorsprong en ontwikkeling duimnael|300px|Die geboorte van Laozi. ’n Skildery in die Groen Bok-tempel.

Laozi word tradisioneel as die stigter van die godsdienstige Taoïsme beskou en in dié opsig verbind met "oorspronklike" Taoïsme.Robinet 1997, p. 63 Dit word betwis of hy werklik bestaan het.Robinet 1997, p. 25Kirkland 2004, p. 62 Die werk waarvoor hy die eer kry, die Daodejing, dateer uit die 4de eeu v.C.Kirkland 2004, p. 61

Taoïsme se grondslag is die Skool van Naturaliste (in die vorm van hul hoofelemente, jin en jang en die Vyf Fases), wat in die 4de en 3de eeu v.C. ontstaan het.Robinet 1997, p. 6 Robinet identifiseer vier komponente in die opkoms van Taoïsme: Filosofiese Taoïsme, met ander woorde die Daodejing en Zhuangzi. Tegnieke vir die bereiking van ekstase. Praktyke vir die bereiking van ’n lang lewe of onsterflikheid. Eksorsisme.

Sommige elemente van Taoïsme kan teruggespeur word na prehistoriese volksreligies in China wat later in ’n Taoïstiese tradisie vergroei het.Demerath (2003), p. 149.Hucker (1995), pp. 203–04. Die eerste georganiseerde vorm van Taoïsme, die Tianshi-skool, wat later bekend geword het as die Zhengyi-skool, het teen die einde van die 2de eeu v.C. ontstaan.Robinet 1997, p. 54 Die Tianshi-skool is in 215 amptelik erken deur die heerser Cao Cao, en dit het weer Cao Cao se magsopkoms gewettig.Robinet 1997, p. 1 Laozi het in die middel van die 2de eeu v.C. keiserlike erkenning as ’n godheid gekry.Robinet (1997), p. 50.

Taoïsme, in die vorm van die Shangqing-skool, het weer amptelike status gekry tydens die Tang-dinastie (618–907), waarvan die keisers beweer het hulle is familie van Laozi.Robinet (1997), p. 184. Die Shangqing-beweging het egter al veel vroeër, in die 4de eeu, ontwikkel op grondslag van ’n reeks onthullings in die jare tussen 364 en 370 deur gode en geeste aan ene Yang Xi.Robinet 1997, p. 115

duimnael|160px|links|Die jin en jang; die wit verteenwoordig jang en die swart jin.

Tussen 397 en 402 het Ge Chaofu ’n reeks geskrifte saamgestel wat later as grondslag gedien het van die Lingbao-skool,Robinet 1997, p. 150 wat sy grootste invloed gehad het tydens die Song-dinastie (960–1279).Robinet 1997, p. xvi Verskeie Song-keisers, veral Huizong, het Taoïsme aktief bevorder; hulle het Taoïstiese geskrifte versamel en uitgawes van die Daozang laat publiseer.Robinet (1997), p. 213.

In die 12de eeu is die Quanzhen-skool in Shandong gestig. Dit het tydens die 13de en 14de eeu floreer en tydens die Yuan-dinastie die grootste en belangrikste Taoïsmeskool in Noord-China geword. Dié skool se mees gerespekteerde meester, Qiu Chuji, het Djengis Khan in 1222 ontmoet en glo daarin geslaag om hom te oorreed om groter selfbeheersing te gebruik tydens sy wrede oorwinnings. Volgens ’n dekreet van die khan was die skool ook vrygeskeld van belasting.

Aspekte van Confucianisme, Taoïsme en Boeddhisme is doelbewus vermeng in Neo-Confucianisme, en dit het eindelik tydens die Ming-dinastie (1368–1644) die keiserlike godsdiens vir staatsdoeleindes geword.Kohn (2000), p. XVII.

Die Qing-dinastie (1644–1912) het egter die klassieke Confucianisme bo Taoïsme verkies.

In die 18de eeu is die keiserlike biblioteek tot stand gebring, maar omtrent geen Taoïstiese boeke is daarin opgeneem nie.Schipper (1993), p. 19. Aan die begin van die 20ste eeu het Taoïsme grootliks in onguns geraak; net een volledige afskrif van die Daozang het byvoorbeeld bewaar gebly, in die Wit Wolk-klooster in Beijing.Schipper (1993), p. 220.

Taoïsme is vandag een van vyf godsdienste wat in die Volksrepubliek van China erken word. Die regering oefen beheer oor die bedrywighede daarvan uit deur middel van die Chinese Taoïstevereniging. Taoïsme word vryelik in Taiwan beoefen, na bewering deur miljoene volgelinge.

Leerstellings Etiek duimnael|250px|Die Tempel van die Goue Maat (Jīntáiguan) in Baoji, Shaanxi. duimnael|250px|Die Tempel van Berg Longhu in Jiangxi. duimnael|250px|Die Tempel van die Goue Lotus (Jīnlián dàoguàn) op Jinshan in Zhejiang.

In Taoïsme word verskeie temas van die Yijing, Daodejing en Zhuangzi beklemtoon, soos natuurlikheid, spontaniteit, eenvoud, ’n afstand van begeertes en, die belangrikste van alles, wu wei.Chan (1963) Dié begrippe is egter nie tot Taoïsme beperk nie.

Tao en Te Tao (道) beteken letterlik "weg", maar kan ook vertaal word as "pad", "kanaal", "leerstelling" of "lyn".DeFrancis (1996) p. 113 In Taoïsme is dit "die Een, wat natuurlik, spontaan, ewig, naamloos en onbeskryflik is. Dit is terselfdertyd die begin van alle dinge en die manier waarop alle dinge verloop."Chan (1963) p. 136 Dit is ook al vertolk as die "vloei van die heelal"Cane (2002), p. 13. of ’n demonstrasie van die natuur.Martinson (1987), pp. 168–169. Die Tao is ook iets wat iemand in hulself kan ontdek.LaFargue (1994) p. 283.

Die aktiewe uitdrukking van Tao word genoem Te (德, ook De gespel) en dikwels vertaal as "deug" of "krag" in die sin dat Te daaruit spruit dat ’n individu die Tau leef en kweek.Maspero (1981), p. 32.

Wu wei Die dubbelsinnige term wu wei (無爲) maak die belangrikste etiese begrip in Taoïsme uit. Wei verwys na enige doelbewuste of opsetlike daad, terwyl wu beteken "daar is geen..." of "sonder". Algemene vertalings is "nieaksie", "inspanningslose aksie" of "aksie sonder opset". Die bedoeling word soms beklemtoon deur die teenstrydige term "wei wu wei" te gebruik: "aksie sonder aksie".Kirkland (2004), p. 60.

In antieke Taoïstiese geskrifte word wu wei verbind met water vanweë die vloeibare aard daarvan.Oldmeadow (2007), p. 109. Volgens Taoïstiese filosofie, en in ooreenstemming met die Yijing, werk die heelal op ’n harmonieuse manier volgens sy eie weë. Wanneer iemand sy wil uitoefen op ’n manier wat uit ritme met die siklusse van verandering is, kan hulle daardie harmonie versteur en onbedoelde gevolge sal meer waarskynlik wees as die bedoelde gevolg. ’n Persoon se wil is nie die hoofprobleem nie; jy moet net jou wil in harmonie met die natuurlike heelal plaas.Faching & deChant (2001), p. 35. So kan ’n potensieel skadelike inmenging vermy word en kan doelwitte sonder inspanning bereik word.Living in the Tao: The Effortless Path of Self-Discovery, Mantak Chia

Natuurlikheid Natuurlikheid (自然 zìrán,letterlik "selforganisasie")Dr Zai, J. Taoism and Science: Cosmology, Evolution, Morality, Health and more. Ultravisum, 2015. word beskou as ’n sentrale deug in Taoïsme. Dit beskryf die "oertoestand" van alle dinge, sowel as ’n basiese eienskap van die Tao, en word gewoonlik verbind met spontaniteit en kreatiwiteit. Om natuurlikheid te kry moet ’n mens met die Tao identifiseer; dit behels ’n persoon se vrymaking van selfsug en begeerte, asook die waardering van eenvoud.

’n Metafoor wat dikwels gebruik word vir natuurlikheid is Pu (樸, letterlik "onbesnede hout"), wat die "oorspronklike natuur" verteenwoordig, voor die afdruk van die kultuur van ’n individu daarop.

Drie Skatte Die Taoïstiese Drie Skatte, of Drie Juwele (三寶 sānbǎo) behels die basiese deugde ci (慈, gewoonlik vertaal as "deernis"), jian (俭, gewoonlik "matigheid") en bugan wei tianxia xian (不敢为天下先, letterlik "nie waag om op te tree soos die eerste onder die hemel nie", maar gewoonlik vertaal as "nederigheid").

Die Drie Skatte kan ook verwys na jing, qi en shen. (Jing word gewoonlik vertaal as "essensie" en shen as "gees"). Hierdie terme is elemente van die tradisionele Chinese konsep van die menslike liggaam, wat verband hou met Taoïsme.

Kosmologie