Edward George Gibson (8 November 1936 – ) is 'n voormalige Amerikaanse Nasa-ruimtevaarder, vlieënier, ingenieur en fisikus.

Na skool gradueer hy aan die Universiteit van Rochester en die California Institute of Technology. Hy word 'n navorsingsassistent in vuurpylaandrywing terwyl hy studeer en word uiteindelik 'n navorsingswetenskaplike vir Philco Corporation totdat hy gekeur word as deel van Ruimtevaardergroep 4 vir Nasa in 1965. Hy werk as deel van die ondersteuningspan vir Apollo 12 en daarna word hy deel van die ontwikkelingspan vir Skylab. In 1973–1974 maak hy sy enigste vlug in die ruimte as deel van die derde bemande span vir die Skylab-4 missie. Tesame met Gerald P. Carr en William R. Pogue bring hy 84 dae in die ruimte deur. Hy bedank uit Nasa in 1974 maar keer terug in 1977. Hy bedank uit Nasa vir die laaste keer in 1982.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse fisici Kategorie:Amerikaanse ingenieurs Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Lewende mense