duimnael|links|Newtownards is 'n besige markdorp wat deur boerderygebiede omring word. Teen die agtergrond: Scrabo-toring en die waters van Strangford Lough Newtownards is 'n groot nedersetting, townland en civil parish in die Noord-Ierse graafskap Down. Dit is geleë aan die mees noordelike punt van Strangford Lough, 10 myl (16 km) oos van Belfast, op die Ards-skiereiland. Newtownards, wat deur inwoners dikwels net kort Ards genoem word en deel uitmaak van die administratiewe distrik Ards and North Down, is een van die grootste nedersettings in die gebied met 'n merendeels Protestantse bevolking wat in 2015 op 28 050 beraam is.

Alhoewel die dorpsnaam se voorvoegsel insinueer dat die nedersetting in die tyd van die Kolonisasie van Ulster (Plantation) gevestig is, word daarna reeds in 14de eeuse dokumente verwys as Newtown of Blaethwyc, met Blaethwyc as die plaaslike dekenaat van die groter Anglo-Normandiese bailiwick of graafskap Ards. Later het groot getalle Skotse setlaars hulle hier kom vestig nadat Sir Hugh Montgomery - in sy pogings om 'n nedersetting in die graafskap Down te vestig - op Newtownards gefokus het.Rowan McLaughlin & James Lyttleton: An Archaeology of Northern Ireland 1600-1650. Belfast: Department for Communities 2017, bl. 103

Verwysings

Eksterne skakels The Newtownards Chronicle and Co. Down Observer

Kategorie:Nedersettings in Noord-Ierland