Middeleeuse teater verwys na opvoerings in die tydperk tussen die val van die Wes-Romeinse Ryk in die 5de eeu n.C. en die begin van die Renaissance omstreeks die 15de eeu. Dit sluit ’n verskeidenheid genres in, soos liturgiese, misterie-, mirakel- en moraliteitsdramas.
Sosio-ekonomiese toestande gedurende die Middeleeue Die Middeleeue strek vanaf die val van die Romeinse ryk 5 n.C. tot en met die begin van die Renaissance. Tydens die val van die Romeinse ryk is die Romeinse stede geplunder en Rome verwoes deur die Barbare van Duitsland en Frankryk. Europa is verdeel in talle feodale stelsels. Die heersers het baie gesag en die werkers is arm en afhanklik van die heersers. Die feodale stelsel van die Middeleeue het bepaal dat die keisers of konings as leenhere opgetree het. Die heersers gee vir hul onderdane 'n stuk grond om te bewerk en in ruil daarvoor moes die onderdane, militêre hulp en ander pligte verrig. Die “bekering” van die Romeinse keiser Konstantyn lei daartoe dat hy met die Edik van Milan in 313 n.C. die Christelike godsdiens as die wetlike godsdiens van die Romeinse ryk verklaar. Die oorgangsproses van die Romeinse godsdiens na die van die Katolieke godsdiens het gelei tot 'n vermenging van gebruike in sommige gevalle. Die kultus rondom die Egiptiese moedergodin Isis is byvoorbeeld vervang met die geloof in Moeder Maria. Dit was in belang van die Romeinse ryk dat die kerk mag oor die mense het om sodoende weer 'n mate van gesag oor die gewone mense te kan verkry. Die pous verkry nou die titel van opperheerser, naamlik Pontificus Maximus. Die priesters moes die ongeletterde mense opvoed en die beginsels van die Bybel aan hul verduidelik. Dit gebeur veral tydens feesdae waar tydens verhale uit die Bybel deur die Priesters verbeeld word. Deur middel van die Katolieke kerk word die Westerse teater weer op die been gebring. Die kerk was egter uiters gekant teenoor akteurs en in die 5de eeu n.C. word akteurs verbied om die sakramente in die kerk te gebruik.Wise, Jennifer and Craig S. Walker, eds. 2003. The Broadview Anthology of Drama: Plays from the Western Theatre, Volume 1. Toronto Broadview Press. Pg184
Tydens die Middeleeue is God sentraal en nie die mens nie. Die mens moes hom tydens sy lewe voorberei om God in die hiernamaals te ontmoet. Daar was drie verskillende stande, naamlik: die geestelikes wat die meeste mag gehad het, die adel en die werkersklas. Geleidelik het die burgery in die stede 'n volgende klas begin word wat gedy het tydens die Renaissance. Latyn was die taal van die kerk en ook van die wetenskap. Hierdie tyd staan ook bekend as die donker eeue omdat daar baie oorloë, hongersnood en besmetlike siektes was.
Langsamerhand word die Anglo-Sakse en Franke wat uit die Germaanse stamme kom bekeer tot die Christelike geloof. Daar word ook tydens die Middeleeue talle kruistogte onderneem om Israel, die heilige land te bevry van die Mohammedane. Mense wat nie voldoen het aan die vereistes van die kerk nie, is ketters genoem en is gemartel en op die brandstapel verbrand. Dit het byvoorbeeld gebeur met mense wat volgens die kerk heksery beoefen het. Die geestelikes was Latyn magtig en het dus ook mag gehad oor die literatuur, wetenskap en kuns. Boeke is in kloosters geskryf en gelees, asook baie mooi geïllustreer. In die kloosterskole is slegs jong seuns van die adelstand opgelei in die sewe vrye kunste naamlik: retorika, dialek, geometrie, astrologie, musiek, grammatika en algebra.
Deur tegniese ontwikkeling het die boukuns vanaf 1150 tot 1500 gegroei tot wat vandag bekend staan as die gotiese boustyl. In die 15de eeu ontstaan 'n opbloei in in die skilderkuns met die werk van byvoorbeeld, Jeroen Bosch en die Van Eyck broers. Hulle het die gruwelikhede van die hel uitgebeeld asook die aanbidding van die Lam van God.
Die liturgiese drama van die Middeleeue Hierdie vorm van “teater” ontstaan uit trope of verse wat tydens 'n mis gesing word as antwoord op die vorige vers of 'n uitbreiding van die betekenis daarvan. Die bekendste tropes is die van Quem QuaeritisBrockett, OG. 1974. The theatre: an introduction. (3rd Edition) USA: Holt, Reinhart & Winston. Pagina 118 wat tydens Paasfees gesing is. Een van die Engele (gespeel deur priesters) vra “Wie soek jul in die graf, Christinvroue?” en die vroue (gespeel deur priesters) antwoord: “Jesus van Nasaret, die gekruisigde, Hemelse Wese”. Die Engel antwoord dan: “Hy is nie hier nie. Hy het opgestaan soos voorspel is”. Tydens 912 tot 984 het die Biskop Ethelwold van Winchester, Engeland,Brockett, OG. & Hildy, FJ. 2003. History of the theatre. (9th Edition). International edition. Boston: Allyn and Bacon. Pagina 77 hierdie teks in die Regularis Concordia (ca. 970), 'n boek met aanwysings vir Engelse seëninge nie net die woorde uitgespeel nie, maar ook die toneelaanwysings vir uitvoerings aangedui. Hierdie gesang word dus opgevoer deur priesters wat as die vroue en engele optree. Die trope is as klein opvoerings tydens ander feeste soos Kersfees of die Epifaniefees as die drie wyse manne Christus kom aanskou, aangebied. Daar word deurgaans al hoe meer moeite gedoen om die opvoerings skouspelagtig te maak. Die kerkgebou is in areas verdeel waar verhale uit die Bybel uitgebeeld is. Daars is verskeie “stasies”Brockett, OG. 1974. The theatre: an introduction. (3rd Edition) USA: Holt, Reinhart & Winston. Pagina 119 (“domes”, “mansions”) opgerig al langs die lang gang binne in die Rooms Katolieke katedraal. Hierdie “mansions” of stasies het dan 'n toneel verbeeld wat deur die priesters uitgespeel sou word. Die gehoor volg dan die spelers van stasie tot stasie. Voor die stasies was 'n “plateau” of platvorm gesit wat gedien het as 'n area buite die stasie vir algemene areas soos straattonele. Die graf van Christus was naby die altaar in die oostelike deel van die katedraal. Hemelse wesens is in die galerye geplaas. Om die hemel voor te stel word 'n bykans twee meter hoë platvorm gebou. Die hel is deur 'n toring waaruit rook gekom het of deur 'n draakagtige figuur voorgestel. Die dramas wat in die kerk aangebied is het al hoe meer gewild geword en uit dit het drie soorte genres ontstaan naamlik die misteriespele, die mirakelspele en die moraliteitspele.
Misteriespele Die misteriespele se verhale en karakters word uit die Bybelse verhale verkry. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die siklus spele van Engeland, naamlik die York Cycle.Brockett, OG. 1974. The theatre: an introduction. (3rd Edition) USA: Holt, Reinhart & Winston. Pagina 125 Dit het ontstaan tydens die 14de eeuse en bestaan uit 48 kort toneelstukkies waarvan elf strek vanaf die skepping tot by die verhaal waar die Israeliete deur die Rooisee trek, dertien daarvan handel oor die aankondiging van Jesus se Geboorte aan Maria tot Palm Sondag, en 23 daarvan handel oor die laaste week van Christus se lewe en sy hemelvaart, asook die Laaste oordeel.
Mirakelspele Die Mirakelspele se verhale beeld die lewens van die heiliges uit wat dan op daardie heilige se feesdag opgevoer is. Sommige feeste is baseer op verhale van heiliges in die Skrif en ander nie. 'n Voorbeeld van so 'n mirakel spel is die verhaal van Mariken van Nieumeghen. Hierdie verhaal ontstaan in die vroeëre 16de eeu nC. Die verhaal se kern verduidelik hoe erg mens ook sondig jy altyd vergiffenis kry as jy boete doen. Mariken oorleef baie aanslae van die duiwel en, al word sy uit die hoogte deur die duiwel neergewerp, sterf sy nie. Kettings om haar hals kom vanself los nadat sy jare in 'n klooster in Maastricht spandeer het. Daar is al baie toneelstukke en films rondom hierdie figuur se lewe gemaak, veral in die Nederlande.
Moraliteitspele Die moraliteitspele is baseer op die geestelike wel en weë van die gewone mens. Hierdie spele vorm 'n brug tussen die Middeleeuse geestelike toneelstukke en die sekulêre dramas van die Renaissance. Die moraliteit spele is allegories van aard en beeld die versoekinge wat elke mense te beurt val uit of dan, die stryd tussen die goeie en kwade in elke mens se siel.Brockett, OG. 1974. The theatre: an introduction. (3rd Edition) USA: Holt, Reinhart & Winston. Pagina 135 Menslike deugde en bose eienskappe is as karakters uitgebeeld. Daar was karakters soos Eerbaarheid, Gierigheid of Onsedelikheid. Die sondes wat die Satan dien om die mens se siel in te win word geklassifiseer en verpersoonlik as die sewe doodsondes, naamlik Gulsigheid, Trots, Jaloesie, Gierigheid, Luiheid, Wellus en Woede. Hierdie bose karakters dra dan dikwels by tot 'n humoristiese element. Dit kon dus lei tot klugte wat op die ou end tog 'n sedeles bevat. 'n Toneelstuk wat hierdie moraliteitspele uitstekend uitbeeld is Den spieghel der salicheit van Elckerlijc.Appelbaum, S. 1995. (Ed). Everyman and other miracle and morality plays. New York: Dover Dit staan vandag bekend as Everyman of Elkeman. In hierdie spele kom daar karakters soos Skoonheid en die Dood voor. Nog 'n teks van dieselfde aard is die Nederlandse teks, Lanseloet en Sanderijn wat oor ridderskap en liefde handel.
Die volgende gedeelte is 'n kort opsomming van die toneelstuk Elkeman as voorbeeld van 'n moraliteitspele. Tydens die proloog spreek 'n boodskapper die gehoor direk aan en vertel hul dat hierdie toneelstuk 'n voorbeeld van hulle lewe en dood sal wees en sal uitbeeld hoe die mens, elke dag besig is om tussen die Goeie en die Bose te kies. God is volgende aan die woord en kritiseer die mens wat hom nie na wense dien nie. Hy sê dat die mens lewe asof daar geen hemel of hel op hom wag nie, en is net behep met aardse rykdom en plesier. Nou roep God die Dood as sy magtige boodskapper. God stateer dat die wat rykdom aanbid hel toe gaan behalwe as Goeie Dade sy goeie vriend was. God verlaat die toneel. Nou merk die Dood vir Elkeman op. Elkeman is goed geklee en oppad iewers heen. Dood gee aan Elkeman die volgende opdrag, naamlik om nie sy Skepper te vergeet nie. Elkeman moet op 'n lang reis gaan en dan die Boek van Afrekening saam terugbring wat sy goeie en slegte dade sal bevat. Elkeman is diep ontsteld toe hy agterkom dat Dood met hom gepraat het. Elkeman vra of hy medereisigers kan saam neem. Dood stem in maar betwyfel die feit dat daar sulke brawe medereisigers bestaan. Medemens (in Engels vertaal as Fellowship) sien dat Elkeman hartseer is en bied sy hulp aan. Medemens belowe om Elkeman nie te versaak nie, maar toe Elkeman vir Medemens vertel waarheen hy op pad is wil Medemens nie meer saam gaan nie. Sy Geesgenote en Familie kom binne, Elkeman nooi hul saam, maar hulle verlaat hom ook. Dan kom Wêreldsgoed binne en vertel Elkeman dat hy nie saam kan gaan nie want die liefde vir goed is teen die liefde vir God gekant. Kennis, die suster van Goeie Dade wat te swak is om Elkeman te vergesel neem Elkeman na Belydenis. Belydenis beveel Elkeman om berou te toon en Elkeman bely al sy sonde. Nou is Goeie Dade sterk genoeg om saam met Elkeman op reis te gaan. Diskressie, Sterkte, Skoonheid en die Vyf Innerlike Sintuie naamlik, Instink, Verbeelding, Fantasie, Estimasie (Skatting of Beraming) en Geheue wil aanvanklik ook saam met Elkeman gaan. Nou vertel Kennis vir Elkeman om na die priester toe te gaan om die heilige sakramente te gebruik. Voordat Elkeman dit doen vra hy sy medereisigers om hul hande op die kruis te sit en voor hom uit te loop. Hulle belowe hul sal hom nie verlaat nie. Hul is almal saam met Elkeman oppad na sy graf. Maar terwyl Elkeman besig is om te sterf verlaat Skoonheid, Sterkte, Diskressie en die Vyf Innerlike Sintuie hom een na die ander. Nou besluit Elkeman om sy geestelike skuld te betaal. Hy sê daar is 'n les te leer uit die toneelstuk. Ons haal die Engelse teks aan:
Take example, all ye that this do hear or see How they that I loved best do forsake me, Except my Good Deeds that bideth truly.