Chemiese verwering is 'n proses waar die samestelling van gesteentes/rotsvormende minerale chemies verander, gewoonlik a.g.v. blootstelling aan suurstof en water. Dit vind plaas deur 'n geleidelike proses waar die rotsvormende minerale by die temperatuur- en druktoestande op of naby die oppervlak aanpas. Tydens hierdie proses skakel die minerale om in nuwe sekondêre minerale soos kleiminerale.

Verskil tussen chemiese en meganiese verwering In teenstelling met chemiese verwering, waar die mineralogie van die gesteente verander, breek meganiese verwering die gesteentes in kleiner gedeeltes op sonder dat die mineralogie verander.

Faktore wat tipe verwering bepaal of beïnvloed Daar is 'n verskeidenheid faktore wat beïnvloed watter tipe verwering plaasvind, asook die tempo van verwering bepaal. Klimaat Tipe gesteente / mineralogie Topografie / energie van die omgewing Biologiese werking Erosie

Kategorie:Geologiese prosesse