duimnael|regs|300px|Voorbeeld van 'n kloofsaag 'n Kloofsaag is 'n houtsaag wat spesiaal ontwerp is vir die maak van 'n skeursnit, 'n snit wat ewewydig (samelopend) met die greinrigting van die hout gemaak word.
Ontwerp Die snykant van elke tand het 'n plat voorste rand wat teen sowat 8° skuins-agtertoe lê, in teenstelling met 'n kruissaag, wat tande het wat teen ongeveer 15° skuins-agtertoe lê.
Nog 'n verskil met die kruissaag, is dat die kante op regte hoeke met die snyvlak geslyp is, om beitel-agtige snyoppervlaktes te vorm, terwyl die kruissaag s'n teen 'n hoek geslyp is, sodat elke tand 'n messoort-snypunt in kontak met die hout het. Hierdie ontwerp sorg dat die saag nié die hout se greinlyne volg wat die saag op die verkeerde pad kon stuur nie. Deur soos 'n beitel te werk, kan die saag makliker oor afwykende greinlyne sny om 'n reguit snit te vergemaklik.
Dit is moontlik om hierdie materiaaluitskot-meganisme in aksie waar te neem, deur die ontleding van raampie-vir-raampie beeldmateriaal van die snyproses. Kloofsae het tipies 4 tot 10 tande per duim, wat hulle relatief grof maak.
Gebruik Alle saagmeulens gebruik kloofsae van verskillende tipes, insluitende die bandsaag. Histories het saagmeulens van een of meer resiprokerende sae (meer spesifiek as 'n "op-en-af" of "regopsaag" bekend) gebruik gemaak. Sommige saagmeulens gebruik ook kloofsae om blaaie en planke op die regte lengte te saag.
Snystyle Vir die oorgrote meerderheid van sae oor die wêreld heen, is die tande ontwerp om te sny wanneer die saag deur die hout gestoot word. Daar is egter ook sommige sae, soos die Japannese saag en die saag wat deur die Antieke Egiptenare gebruik is, wat ontwerp is om met die trekslag te sny.
Verwysings
Kategorie:Gereedskap