Die eksokriene stelsel is kliere wat stowwe deur ’n buis na die oppervlak van epiteelweefsel afskei. Voorbeelde van eksokriene kliere is sweet-, spoeg-, slym- en traankliere. Hulle is een soort kliere in die liggaam; die ander soort is endokriene kliere, wat hul produkte direk in die bloedvatstelsel afskei.
Die lewer en pankreas is beide endokriene en eksokriene kliere, want hulle skei sommige produkte deur buise en ander direk in die bloedstroom af.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia