Jack Robert Lousma (29 Februarie 1936 – ) is 'n afgetrede Kolonel in die Amerikaanse Marinierskorps, 'n lugvaartingenieur, voormalige vlootvlieënier, Nasa-ruimtevaarder en politikus. Hy was deel van die bemanning van die tweede bemande vlug in Skylab in 1973. In 1982 was hy die bevelvoerder van STS-3, die derde ruimtependeltuigmissie. Hy was ook deel van die ondersteuningspan vir Apollo 10. Hy was gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5.
Lousma was later 'n Republikeinse genomineerde vir 'n posisie in die Amerikaanse Senaat 1984. Hy het Michigan verteenwoordig. Hy het verloor teen Carl Levin wat sy tweede van ses termyne gewen het.
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse ingenieurs Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse politici Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Kolonels Kategorie:Apollo-program Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Lewende mense