Die Xenacoelomorpha is 'n filum van tweesydig simmetriese wurmagtige diere (Bilateria) wat geen regte maagdermstelsel, anus, nephridia of bloedsomloop het nie. Hulle is die eenvoudigste Bilateria en word op grond van DNS-navorsing as 'n sustergroep van die Nephrozoa beskou, wat die Proto- en Deuterostomia bevat. Hulle taksonomiese posisie is nogtans nie heeltemal duidelik nie.Xenacoelomorpha is the sister group to Nephrozoa Nature Letter doi:10.1058/nature16520
Die filum bestaan uit drie groepe (klasse): Nemertodermatida Acoela Xenoturbella
Die oudste Bilateria het dalk soos die Acoela gelyk: 'n tweesydig simmetriese liggaam met drie lae selle, net een opening in die epidermis wat tot 'n liggaamsholte toegang gee. Hierdie organismes was waarskynlik benties.
Kladogram
Verwysings
Kategorie:Dierefilums