Kwarts is 'n mineraal met die chemiese samestelling van : silikondioksied. Saam met die mineraalgroep van die veldspate (met verskeie minerale in hierdie groep), is dit die volopste mineraal in die aardkors. Kwarts is chemies en meganies stabiel by atmosferiese temperatuur en druk, en verweer dus nie vinnig op die aardkors nie, en dan meestal deur meganiese verwering. Dit is die rede waarom sand grootliks uit kwartskorrels bestaan.

links|120px Hierdie stof vorm 'n deel van die tektosilikate en elke silikonatoom word deur 4 suurstofatome omring. In teenstelling met die nesosilikate wat aparte -ione bevat, vorm die -eenhede in tektosilikate 'n 3-dimensionele raamwerk. Elke suurstofatoom word tussen twee silikon-bure gedeel. Hierdie deling van die suurstofatome is die rede waarom die kwartsmineraal 'n chemiese formule van het, en nie nie. Elke been van die silikon-tetraëder is aan 'n suurstofatoom verbind, met die gevolg dat twee silikonatome nooit aan mekaar verbind is in die kwartsmineraal nie.

Kristalstruktuur Kwarts het 'n onder 573 °C 'n trigonale α-kristalstruktuur, met kenmerkende lyne wat op die 6 sye van die kristal gesien kan word. Hierdie lyne is altyd loodreg met die lang as van die kwartskristal. In sommige juwelierswinkels word kwartskristalle met perfekte gladde sye ten duurste verkoop, maar in hierdie gevalle is dit of geslypte kristalle, of gesnyde glas, aangesien natuurlike kristalle altyd hierdie lyne het.

110px|duimnael|Linksdraaiende kristal110px|duimnael|Regsdraaiende kristal Die laetemperatuursvorm α-kwarts bevat Si-O-Si-O-Si kettings wat 'n drietallige skroefas volg. Dit kan links- of regsdraaiend wees, soos 'n linker- of 'n regterhand en kristalle kan in twee vorme aangetref word, wat mekaar se spieëlbeeld is. Hulle het verskillende ruimtegroepe: P321 of P321. Hierdie ruimtegroepe word 'n enantiomorfiese paar genoem.

Bo 573 °C gaan kwarts oor in die β-vorm wat 'n hoër heksagonale simmetrie het met ruimtegroep P622, wat ook met P622 enantiomorfies is. By afkoeling keer die kristal skielik terug na die trigonale vorm. Die β-vorm is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se C8-struktuur.

word in talle ander allotrope aangetref. Van die allotrope kom ook as minerale voor soos tridimiet, christobaliet, stishoviet ens.

Kwarts kom nie altyd as kristalle voor nie, maar kan as 'n massa mikroskopiese kristalle voorkom, en word kriptokristallyne kwarts genoem.

Optiese eienskappe Omdat kwartskristalle regs- of linksdraaiend kan wees, is hulle opties aktief. Hulle draai die polarisasievlak van 'n opvallende gepolariseerde ligbondel links of regs afhankelik van hulle simmetrie.

Eienskappe Kwarts is 'n relatiewe harde mineraal, en is nommer sewe op Mohs se hardheidskaal. Dit is chemies stabiel onder atmosferiese temperatuur en druktoestande.

Minerale Verskeie minerale van kwarts kan gevind word, maar is slegs kleurvariasies van die kwartsmineraal, en dus presies dieselfde mineraal.

Voorbeelde hiervan word hieronder gelys.

Galery

Kriptokristallyne kwarts duimnael|links|200px|Agaat Kalsedoon Agaat Jaspis

Gebruike Kwartsryke sand word in die boubedryf gebruik, terwyl suiwer kwarts een van die hoofbestanddele van glas is.

Kwartskristalle is baie gewild onder mineraalversamelaars, en kan ook geslyp word vir gebruik as halfedelstene. Wanneer die kwartskristalle as geodes voorkom, word dit dikwels as ornamente soos tafelbeeldjies en boekstutte gebruik. Die kriptokristallyne kwarts word geslyp as "cabochons", en as juweliersware gebruik.

Verwysings

Kategorie:Minerale