duimnael|240px|Die aseksuele, geheel en al vroulike akkedisspesie Cnemidophorus neomexicanus (middel), wat deur partenogenese voortplant, saam met twee seksuele spesies wat ook mannetjies het, C. inornatus (links) en C. tigris.

Partenogenese (van die Griekse woorde παρθένος parthenos, "maagd", en γένεσις genesis, "skepping") is ’n natuurlike vorm van aseksuele voortplanting waar die embrio groei en ontwikkel sonder dat bevrugting plaasgevind het. Dit woord ook maagdelike voortplanting genoem.

By diere beteken partenogenese die ontwikkeling van ’n embrio uit ’n onbevrugte eiersel. By plante word dit apomiksie genoem.

Partenogenese kom natuurlik voor by baie plante, sommige ongewerwelde dierspesies (insluitende rondewurms, watervlooie, sommige skerpioene, plantluise, sommige myte, sommige bye en sommige perdebye) en ’n paar gewerweldes (soos sommige visse,"Female Sharks Can Reproduce Alone, Researchers Find", Washington Post, 23 Mei 2007; bl. A02 amfibieë, reptiele en enkele voëls.)

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Dierkunde Kategorie:Plantkunde Kategorie:Voortplanting