Roger Bruce Chaffee (* 15 Februarie 1935 – † 27 Januarie 1967; Lieutenant-Kommandeur), was 'n Amerikaanse Vlootoffisier en vlieënier, lugvaartingenieur en Nasa-ruimtevaarder vir die Apollo-program. Hy is gewerf as deel van die Ruimtevaardergroep 3-inname. Hy sterf saam met ruimtevaarders Gus Grissom en Edward Higgins White gedurende toetswerk voor die eerste bemande Apollo-missie.
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse ingenieurs Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Luitenante Kategorie:Apollo-program Kategorie:Geboortes in 1935 Kategorie:Sterftes in 1967