William Alison "Bill" Anders (17 Oktober 1933 – 7 Junie 2024; Generaalmajoor, Amerikaanse Lugmag) was 'n Amerikaanse Lugmagoffisier, elektriese ingenieur, atoomingenieur, Nasa-ruimtevaarder en sakeman. Saam met Frank Borman en Jim Lovell in Apollo 8 was hulle die eerste persone wat 'n wentelbaan om die Aarde verlaat het om na die Maan te reis. Bill Anders en sy twee medebemanningslede van Apollo 8 is as Time se Persone van die Jaar vir 1968 aangewys ter erkenning vir hulle harde werk. Hy was ook deel van die rugsteunbemanning vir Apollo 11.

Sien ook Ruimtevaardergroep 3

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse diplomate Kategorie:Amerikaanse entrepreneurs Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Ambassadeurs Kategorie:Apollo-program Kategorie:Generaals Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 2024