Charles Arthur "Charlie" Bassett (30 Desember 1931 – 28 Februarie 1966; Kaptein, Amerikaanse Lugmag), was 'n Amerikaanse elektriese ingenieur en 'n toetsvlieënier van die Amerikaanse Lugmag. Hy was gekeur as 'n ruimtevaarder tydens die Ruimtevaardergroep 3-inname in 1963. Hy was toegeken aan die span vir Gemini 9. Hy sterf egter in 1966 saam met sy medevlieënier, Elliot See, in 'n Nasa opleidingsvliegtuig by die McDonnell vliegtuigfabriek in St. Louis, Missouri. Hulle moes twee weke se opleiding in ruimtetuig rendezvous hier ondergaan.
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse ingenieurs Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Majoors Kategorie:Gemini-program Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Sterftes in 1966