Nikkelien of nikkeliet is 'n mineraal wat hoofsaaklik uit nikkelarsenied () bestaan.
Kristalstruktuur Die nikkelarsenied-struktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se B8-struktuur. Dit is op die heksagonale digpakking gebaseer of eintlik op die dubbelheksagonale digpakking met 'n volgorde van stapeling wat as ...ACABACABACAB... weergegee kan word. Die arseenatome vorm die A-lae en die nikkelatome vorm afwisselend die B- of C-lae. In hierdie struktuur word die nikkelatome oktaëdries en die arseenatome trigonaal-prismaties omring.
Daar is baie stowwe (gewoonlik M:X=1:2 met M=oorgangsmetaal en X=P,As,S,Se, ens.) wat hierdie struktuur besit of 'n struktuur wat hiervan afgelei is, soos die B14/B31-struktuur van mangaanmonofosfied.
Verwysings
Kategorie:Minerale