Choanozoa is 'n klade van Opisthokonta-eukariote wat bestaan uit choanoflagellatea en die diere (Animalia, Metazoa). Die sustergroepverhouding tussen Animalia en Choanoflagellatea het belangrike gevolge vir ’n begrip van die oorsprong van diere. Die klade was geïdentifiseer in 2015 deur Graham Budd en Sören Jensen, wat die naam Apoikozoa gebruik het. Die 2018-hersiening van die klassifikasie wat die eerste keer deur die International Society of Protistologists in 2012 voorgestel is, beveel die gebruik van die naam Choanozoa aan.
Opsomming ’n Nabye verwantskap tussen Animalia en Choanoflagellatea word al lank erken, minstens van die 1840's af. Die naam "Apoikozoa" is afgelei van die antieke Griekse woorde vir "kolonie" en "dier", en verwys na die vermoë van diere en {sommige) Choanoflagellatea om veelsellige eenhede te vorm. Terwyl diere permanent veelsellig is (buiten die voortplantingselle), is die koloniebouende Choanoflagellatea net soms veelsellig; dit laat die vraag ontstaan of die koloniebouende vermoë in albei groepe teenwoordig was aan die begin van die hele klade en of dit onafhanklik in die twee groepe ontwikkel het. Dit is in elk geval sover bekend die enigste koloniebouende heterotrowe (organismes wat nie hul koolstofvoeding uit anorganiese verbindings kan trek nie).
Verwysings
Kategorie:Eukariote