Die pienkbalk-dikkop (Amblyeleotris aurora) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan; aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan dit bekend as die Pinkbar goby.
Identifikasie Die vis word tot 9 cm lank. Sy lyf is ligbleek met vyf breë vertikale strepe op. Daar is 'n rooi traandruppel onder die oog. Die stertvin is geel, gepunt met oranje-rooi merke op. Die vis leef in aflandige koraalriwwe in water wat 5 tot 40 m diep is. Hier word hulle gevind op sandbanke en rommel bodems. Die vis vreet klein ongewerweldes en deel 'n gat met 'n garnaal.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakels
http://www.fishbase.se/summary/Amblyeleotris-aurora.html Foto op fishbase.org
Kategorie:Beenvisse