Titus Flavius Vespasianus (17 November 9 - 23 Junie 79) was die negende keiser van die Romeinse Ryk van 69 tot 79.
In die jaar 69 na Christus het 'n ommekeer in die Romeinse Ryk plaasgevind. Dít het bekend gestaan as die Jaar van vier keisers. Na die dood van Nero, die laaste keiser van die Julies-Claudiese geslagslyn, het 'n aantal aanspraakmakers om die troon gestry.
Die nuwe Romeinse keiser was uiteindelik Vespasianus, soldaat en man van die volk.
Na Gaius (Caligula) en Nero was die aansien van die keiser nie baie groot nie. Om sy posisie onder die volk te versterk het Vespasianus begin bou aan die Colosseum, 'n enorme skouburg wat vyftigduisend toeskouers kon huisves.
Sien ook Lys van Romeinse keisers
Kategorie:Geboortes in 9 Kategorie:Mense in die 1ste eeu Kategorie:Romeinse keisers Kategorie:Sterftes in 79