Charles "Pete" Conrad Jr. (* 2 Junie 1930 – † 8 Julie 1999; Kaptein, VSA Vloot) was 'n Amerikaanse vlootoffisier en vlieënier, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en Nasa-ruimteman. Hy word die derde persoon wat op die Maan loop tydens die Apollo 12 sending. Hy stel saam met sy vlieënier Gordon Cooper, 'n 8-dae ruimte uithourekord op tydens die Gemini 5-sending. Hy was die bevelvoerder van die Gemini 11-sending.

Na die Apollo-program was hy die bevelvoerder van die Skylab 2-sending, die eerste bemande tog. Op hierdie sending doen hy en sy bemanning intensiewe herstelwerk aan Skylab wat tydens die lansering daarvan opgedoen is. Vir hierdie werk word die Congressional Space Medal of Honor aan hom toegeken in 1978 deur president Jimmy Carter.

Sien ook Mense wat op die maan geloop het Ruimtevaardergroep 2

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Kapteins Kategorie:Mense wat op die maan geloop het Kategorie:Apollo-program Kategorie:Gemini-program Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 1999