Koëffisiënte en magswortels is wiskundige konsepte.
Die rasionele wortelstelling (of rasionele zero-stelling) sê dat as die koëffisiënte van 'n polinoom heelgetalle is, dan kan mens al die moontlike rasionale wortels vind deur elke faktor van die voorste koëffisiënt met elke faktor van die konstante term te verdeel.
Koëffisiënt 'n Koëffisiënt is 'n getal wat met 'n veranderlike in 'n algebraïese uitdrukking vermenigvuldig word.
In die algebraïese uitdrukking:
8x + 18x2 + 5y is 8 die koëffisiënt van x, 18 is die koëffisiënt van x2 en 5 is die koëffisiënt van y.
12a beteken 12 keer a of twaalf vermenigvuldig met a. "a" is die veranderlike en 12 is dus die koëffisiënt.
'n Veranderlike met geen getal, het 'n koëffisiënt van 1. Byvoorbeeld y beteken eintlik 1y.
Partykeer staan 'n letter in vir 'n syfer.
Byvoorbeeld: In ax2 + bx + c.
"x" is die veranderlike en "a" en "b" die koëffisiënt.
Magswortel As 'n getal byvoorbeeld 5 met homself vermenigvuldig word, dui die mag van die getal aan hoeveel keer 5 op hierdie manier vermenigvuldig moet word. Die mag word as 'n klein getalletjie (eksponent) regs bokant die getal wat met homself vermenigvuldig moet word, geskryf. Dit word as '5 tot die mag...' gelees.
Vir die mag 2 is daar 'n spesiale naam: 'n Getal wat tot die mag 2 vermenigvuldig word, word 'gekwadreer'.
7 x 7 = 72
Dit beteken 7 word twee keer met homself vermenigvuldig, wat as '7 tot die mag 2' of '7 kwadraat' gelees word.
15 x 15 x 15 = 153
Dit beteken 15 word drie keer met homself vermenigvuldig, wat as '15 tot die mag 3' gelees word.
4 x 4 x 4 x 4 = 44
Dit beteken 4 word vier keer met homself vermenigvuldig, wat as '4 tot die mag 4' gelees word.
'n Getal in eksponensiaalvorm bestaan uit 2 dele: senter|duimnael Die teenoorgestelde van 'n eksponent of mag is 'n wortel: senter|duimnael senter|duimnael
Kategorie:Elementêre wiskunde