Alan Bartlett Shepard Jr. (18 November 1923 – 21 Julie 1998) was 'n Amerikaanse ruimtevaarder, vloot- en toetsvlieënier en sakeman. Hy het afgetree as 'n adjunkadmiraal. Hy het aan die United States Naval Academy te Annapolis gegradueer en in die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen. Hy het 'n vlootvlieënier geword in 1946 en toetsvlieënier in 1950.

duimnael|links|160px|Alan Shepard in die Mercury-ruimtepak in 1961 Hy was een van die Mercury Sewe, sewe ruimtemanne wat aanvanklik aangewys is deur NASA in 1959 vir die Mercury-program. Op 5 Mei 1961 voltooi hy die eerste bemande Mercury-ruimtevlug, MR-3, in 'n ruimtetuig wat hy Freedom 7 genoem het. Sodoende word hy die tweede persoon ná Joeri Gagarin en die eerste Amerikaner in die ruimte. Hy sou ook in beheer van die gekanselleerde Mercury-Atlas 10 ruimtevlug gewees het. Hy was ook later die bevelvoerder van Apollo 14, en word slegs die vyfde mens om op die maan te loop in Februarie 1971.

Sien ook Mense wat op die maan geloop het

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Amerikaners in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Admiraals Kategorie:Mense wat op die maan geloop het Kategorie:Apollo-program Kategorie:Mercury-program Kategorie:Geboortes in 1923 Kategorie:Sterftes in 1998