Die NZASM 32-tonner 0-4-2RT van 1894 was 'n Suid-Afrikaanse stoomlokomotief van die negentiende eeu in die Suid-Afrikaanse Republiek.
In 1894 bestel die Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy (NZASM) van die Zuid-Afrikaansche Republiek drie tandstang- en-kleinrat-lokomotiewe met 'n -wielrangskikking. 'n Vierde lokomotief is in 1897 bestel. Hierdie lokomotiewe is in diens gestel op die tandstang-en-kleinrat-spoorlyn tussen Waterval-Onder en Waterval-Boven.
Alle NZASM-lokomotiewe is volgens hul gewig benoem, dus staan hierdie lokomotiewe by NZASM as bekend. Ná die Tweede Vryheidsoorlog is die lokomotiewe aan die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë oorgedra waar hulle as Klas G-lokomotiewe geklassifiseer is. Elke lokomotief het 'n naam gekry:
+ NZASM nr.NaamJaarvervaardigFabrieknr.991Vierkleur18942642992Driekleur18942643993Republiek18942655994Vaderland18972844
Spoorlyn en modus van operasie duimnael|links|32 Tonner nr 991 tussen 46 tonners in die lokomotiefstalling by Waterval-Boven Die direkte afstand tussen Waterval-Onder en Waterval-Boven is slegs 4,8 km, maar Waterval-Boven is 210 m hoër as Waterval-Onder. Die spoorlyn kan nie die Elandsriviervallei volg sonder om die 95 m Elandsrivierwaterval in ag te neem nie. Dit is besluit om 'n 6,77 km spoorlyn aan die suidelike oewer van die vallei te bou met 'n 213 m tonnel tussen die twee dorpe. 'n Tandstang- en kleinrat-stelsel van 3,38 km is met die spoorlyn ingesluit. Wanneer 'n trein na Waterval-Boven wil ry, trek 'n gewone lokomotief die trein en die stoot die trein. In die andere rigting, gaan die gewone lokomotief nog steeds eerste met die agteraan, waar hy as 'n rem bedryf is. Die massa van treine is beperk tot 140 ton en die rit tussen die twee dorpe, insluitende treinverbinding en -ontbinding duur omtrent een uur.
In 1905 is nuwe 84-ton lokomotiewe bestel, maar die volgende jaar rapporteer die hooflokomotiefsuperintendent dat die -lokomotiewe en die tandstang en kleinrat uitgeput is. Daar is besluit om 'n nuwe spoorlyn tussen die twee dorpe te bou. In 1908 is hierdie stuk spoorlyn herbou aan die noordoewer van die riviervallei. Die nuwe spoorlyn is 12,07 km lank, die helling was nie so steil nie en geen tandstang-en-kleinrat was nodig nie, dus word die oortollig. Die ou tonnel word 'n padtonnel totdat 'n nuwe padtonnel in 1974 gebou is.
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine