Toriumchroomsilisied is 'n chemiese verbinding met formule
Sy kristalstruktuur is in 1965 deur Ban en Sikirica gepubliseer. Acta Crystallographica 18 (1965) p594-p599 Hierdie struktuur is die argetipe van die D1D1 is eintlik die kode van die binêre ongeordende )-fase maar word ook vir die geordende een gebruik. van die strukturbericht-klassifikasie wat by ongeveer 600 sogenaamde "122"-verbindings aangetref word.On the coordination of () -type compounds within the field of free parameters Journal of Alloys and Compounds 232 (1996) 1-25
Struktuur Die struktuur kan in die I4/mmm-ruimtegroep beskryf word met die koördinate: Th in 2a: (0,0,0); Cr in 4d: (0,½,¼); (½,0,¼); Si in 4e: (0,0,z); (0,0,);
Die chroomatome word deur 'n tetraëder van silikonatome omring en die -tetraëders vorm lae wat 'n deursnee van die (anti)-fluoriet-struktuur weerspieël. Hierdie lae word deur Th-lae afgewissel wat kubies deur 8 Si-atome omring word. Daar is net een vrye parameter z van die Si-atome. Dié parameter se waarde kan van verbinding tot verbinding verskil. Hierdie struktuur is 'n geordende weergawe (superstruktuur) van die -struktuur waarin die aluminiumatome beide die Cr- en die Si-posisies beset.
Vervaardiging Ban en Sirikica het die verbinding as eerste vervaardig deur verhitting van saamgeperste poeiers van die elemente onder die smeltpunt. Hulle het 'n reeks nuwe verbindings gevind met formule waar M = Cr, Mn, Fe, Co, Ni en Cu wat almal dieselfde struktuurtipe gevorm het. Die eenheidselle het nogtans effens verskil.
M a Å b Å inhoud Å3Cr4,043(1)10,577(2)173Mn4,021(1)10,493(2)169,7Fe4,038(3)9,820(5)150Co4,015(3)9,760(5)147,5Ni4,076(1)9,551(2)158,8Cu4,104(1)9,864(2)166,1
Eienskappe Die groot familie van stowwe wat hierdie struktuur besit is onderwerp van intensiewe navorsing, maar oor toriumchroomsilisied self is verder min bekend, behalwe 'n kwantumeganiese berekening van sy elastiese, elektroniese en magnetiese eienskappe.Structural,elastic,electronic and magnetic properties of ThCr2Si2 from first-principles calculations Solid State Communications 151(2011) 1165–1168 Hierdie berekenings voorspel dat dit 'n metallieke geleier moet wees en dat dit 'n grondtoestand moet hê waarin die spins in anitferromagnetiese 'strepe' geordend is en daar kovalente bindings tussen Si atome moet wees.
Die chroomatome het 'n magnetiese moment van 1.20(25) μB, wat by 'n temperatuur van 1,5 K antiferromagneties georden is.Antiferromagnetism of ThCrSi, Solid State Communications, 152(12), Junie 2012, bls. 1027–1029
Verwysings