Die Vedangas (Sanskrit: वेदाङ्ग , "ledemate van die Veda") is ses bykomende dissiplines in Hindoeïsme wat in die antieke tyd ontwikkel het en met die bestudering van die Vedas verband hou. Hulle is:James Lochtefeld (2002), "Vedanga" in The Illustrated Encyclopedia of Hinduism, Vol. 1: A-M, Rosen Publishing, , ble. 744-745

Shiksha (): fonetiek, fonologie, uitspraak. Dit fokus op die letters van die Sanskrit-alfabet, aksent, klem, melodie, ens. Chhandas (): Digmaat.James Lochtefeld (2002), "Chandas" in The Illustrated Encyclopedia of Hinduism, Vol. 1: A-M, Rosen Publishing, , bl. 140 Dit folus op digmaat, onder andere dié wat gebaseer is op ’n vaste getal lettergrepe per vers. Vyakarana (): grammatika en linguistiese ontleding.W. J. Johnson (2009), A Dictionary of Hinduism, Oxford University Press, , Article on VyakaranaJames Lochtefeld (2002), "Vyakarana" in The Illustrated Encyclopedia of Hinduism, Vol. 2: N-Z, Rosen Publishing, , page 769 Gaan oor grammatikareëls en ontledings om die presiese vorm van woorde en sinne vas te stel om idees duidelik oor te dra. Nirukta (): etimologie, verduideliking van woorde, veral dié van argaïese herkoms met ’n onduidelike betekenis.James Lochtefeld (2002), "Nirukta" in The Illustrated Encyclopedia of Hinduism, Vol. 2: N-Z, Rosen Publishing, , page 476 Kalpa (): rituele instruksies. Dit fokus op die standaardisering van prosedures vir Vediese rituele, asook die regte gedrag en pligte van ’n mens in verskillende stadiums van sy lewe. Jyotisha (): Goeie tye vir rituele, astrologie en astronomie.

Die Vedangas het hul wortels in antieke tye en die Brihadaranyaka-Upanishad noem hulle ’n integrale deel van die Vediese geskrifte. Hulle kan teruggespeur word na die 2de millennium v.C. Dit is egter nie duidelik waar en wanneer die idee vir ’n lys van ses Vedangas ontstaan het nie.

Verwysings

Nog bronne

Eksterne skakels Vedanga. Hindoe-ensiklopedie. 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Hindoegeskrifte