Piriet (ook bekend as ysterkies of ysterpiriet) is 'n mineraal met formule wat volop aangetref word in 'n verskeidenheid van geologiese formasies soos hidrotermale are of as deel van sedimentêre lae of metamorfiese gesteentes.
Struktuur Die pirietstruktuur is die argetipe van die C2-strukture in die strukturbericht-klassifikasie. Die struktuur het 'n primitief-kubiese eenheidsel.
Die posisies is: Fe op 4a: (0,0,0) S op 8c: (x,½+x,) met x=0.11490
Die interne rotasie-simmetrie van die non-simmorfe Pa3-ruimtegroep waartoe dit behoort is nogtans taamlik laag. Die lokale simmetrie van die ysteratome is net en hulle is deur 'n vervormde oktaëder van swawelatome omring. Die swawelatome vorm pare wat as die disulfiedioon beskou kan word. Die ysteratoom se oksidasietoestand is Fe(II) en in die sterke kristalveld van die disulfiedione is dit in 'n laespintoestand met 'n diamagnetiese konfigurasie te vir die 3d-elektrone.
Oplosbaarheid Piriet se oplosbaarheid in water is uiters klein en moeilik meetbaar. Die oplosbaarheidsproduk vir die reaksie:
word geraam op
In aangesuurde water kan 'n ander ewewig optree:
Dié ewewig se konstante pK = -13,84. Dit beteken dat in neutrale water met pH=7, 'n nanomolêre konsentrasie [Fe2+]= 10-9 saam met 'n pikomolêre konsentrasie [HS2-]=10-12 volstaan om pirietneerslae te veroorsaak. Dit gebeur nogtans slegs onder reduserende omstandighede, maar dit verklaar waarom piriet 'n uiters algemene mineraal is.
Sien ook Gekkegoud
Verwysings
Kategorie:Minerale Kategorie:Alchemiese stowwe