Kalsiet (ook bekend as kalkspaat) is 'n mineraal met formule . Dit is een van die vorms waarin kalsiumkarbonaat as mineraal aangetref word. Die ander een is aragoniet.

Struktuur Die kristalstruktuur van kalsiet is romboëdries en dit is die argetipe van die G0-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie

In heksagonale beskrywing is die eenheidsel a = 4,99, b= 4,99 en c= 17,002 Å met gamma = 120 °. Die atoomposisies is:

Ca op (0,0,0) C op (0,0,¼) O op (x,0,¼) x=0,2593

Die struktuur kan as afgelei van die haliet-struktuur (B1) beskou word, deur die Cl-anione met karbonaatione te vervang en die struktuur in die rigting van een van die liggaamsdiagonale af te plat. Die kalsietstuktuur in eenassig en sy dubbelbreking is taamlik sterk. Dit was groot kristalle van Ysland wat tot die ontdekking van dubbelbreking gelei het

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Minerale