OMV (vroeër Österreichische Mineralölverwaltung, ÖMV) is 'n internasionale, vertikaal geïntegreerde onderneming met belange in die olie- en gasbedryf wat sy hoofkwartier in die Oostenrykse federale hoofstad Wene het. Volgens sy eie jaarverslae ontgin en bemark OMV ru-olie en aardgas, terwyl die onderneming ook gesofistikeerde petrochemiese produkte vervaardig en volhoubare innovatiewe energie-oplossings aanbied.

Met 'n jaarlikse inkomste van meer as 19 miljard € en sowat 22 500 werknemers in 2016 is die OMV aandelemaatskappy een van die grootste nywerheidsondernemings in Oostenryk.OMV Geschäftsbericht 2016 / OMV Jaarverslag 2016

Verwysings

Kategorie:Oostenrykse maatskappye