'n Julia-skepper (of Julia Skimmer soos dit in Engels bekend staan), is 'n naaldekoker, Orthetrum julia, en behoort tot die familie van Libellulidae.
Verspreiding duimnael|300px|links|Vlerkdetail van die O. julia falsum (bo) and O. stemmale onder. Orthetrum julia kom wydverspreid regdeur tropiese Afrika voor, tot in die weste by Gambië. Dit is ook in Noord-Jemen en Sokotra aangeteken. Wyfies gaan dikwels huise binne.
Subspesies Orthetrum julia falsum, kom in Afrika en in oostelike hoëreënvalgebiede van Suid-Afrika voor. Orthetrum julia capicola (ook bekend as die Kaapse Skepper), kom slegs in Suid-Afrika voor, in die Wes-Kaap en in die Oos-Kaap tot by Humansdorp
Habitat Rietbeddens en grasbedekte areas naby poele, damme en stadigvloeiende strome. In die noorde kom dit veral in beboste gebiede voor. In die Kaap kom Orthetrum julia capicola ook in oop gebiede voor.
Voorkoms Liggaamslengte: 45–49 mm. Agtervlerklengte: 31–36 mm. Orthetrum julia falsum – beide geslagte het donker (amper swart) pterostigmas. Die mannetjie het 'n blou-swart toraks en die wyfie 'n geel tot olyfgroen toraks met swart diagonale strepe. Die laaste paar segmente van die wyfie se abdomen is swart met 'n wit cerci. Orthetrum julia capicola – valerige pterostigmas (nie swart). Die mannetjie het 'n blou-swart toraks en die wyfie is roesbruin met valerige diagonale strepe aan die toraks.
Soortgelyke spesies Twee ander skeppers, Orthetrum brachiale (Gebande skepper) en Orthetrum stemmale (Koenieskepper) het soortgelyke kenmerke as die Julia-skepper en word dikwels daarmee verwar. Hierdie twee spesies kan van die Julia-skepper onderskei word deur die dubbelry selle in die Rspl-lus op die vlerke, hul sekondêre geslagsorgane wat anders lyk en hul geelerige pterostigmas, alhoewel die pterostigmas van die Koenieskepper soms donkerder kan wees. Die wyfies van die Orthetrum julia capicola word dikwels met dié van Orthetrum rubens (Mistieke skepper) en Orthetrum caffrum (Strepieskepper) verwar.
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Naaldekokers