'n Mopaniemot is 'n vlinder, Imbrasia belina, wat in Suidelike Afrika voorkom, en behoort tot die familie van Saturniidae. Die larwe van hierdie mot is eetbaar in sy ruspestadium en word 'n mopaniewurm genoem.
Volksname Engels: Mopane worm, Mopane moth, Emperor moth, Anomalous Emperor Tswana: Phane Tsonga: Matamani, Masonja Venda: Mashonzha Noord-Sotho: Mašotša (uitgespreek Mashotsha)
Verspreiding Imbrasia belina kom in Angola, Botswana, Kameroen, Demokratiese Republiek van die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Kenia, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe voor. Dit word oor die algemeen aangetref waar mopaniebome (Colophospermum mopane) voorkom, maar is nie heeltemal beperk tot die verspreiding van hierdie bome nie.
Habitat Semi-woestyn, bosveld en grasveld met 'n hoë konsentrasie van mopanieveld.
Voorkoms Volwasse motte het 'n vlerkspan van 120 mm. Die kleur van die vlerke wissel van bruin tot groen en bruin tot rooi. Daar is groot oranje oogkolle op die agtervlerke, omring deur swart en wit ringe, en kleiner oogkolle op die voorvlerke. Die larwes (ruspes) is groot, tot ongeveer 100 mm lank en ongeveer 10 mm in deursnee. Hulle is swart met rooierige, geel en witterige bande en het kort rooi of swart stekels wat met fyn wit hare bedek is.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders
Verwysings
Kategorie:Motte