Michael Collins (31 Oktober 1930 – 28 April 2021) was 'n Amerikaanse ruimtevaarder en toetsvlieënier. Hy was deel van die derde groep ruimtevaarders van veertien wat in 1963 verkies is. Hy was deel van twee ruimtesendings. Hy en John W. Young was die bemanning vir Gemini 10; deel van die missie was om met twee verskillende ruimtetuie te dok en Collins het ook twee ruimte wandelings onderneem. Vir sy tweede vlug was hy deel van Apollo 11 waar hy die bevelvoerder van die beheermodule was. Hy het om die maan bly wentel terwyl Neil Armstrong en Buzz Aldrin in die maanmodule vir die eerste keer op die maan geland het. Hy was een van 24 persone wat na die maan gevlieg het.
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Generaals Kategorie:Gemini-program Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 2021