duimnael|300px|’n Rigveda-manuskrip in Devanagari.
Die Vedas (Sanskrit: वेद veda, "kennis", verwant aan "weet") is ’n groot hoeveelheid geskrifte met hul oorsprong op die Indiese subkontinent. Die manuskripte, in Sanskrit, is die oudste geskrifte van Hindoeïsme.Sanujit Ghose (2011). "Religious Developments in Ancient India" in Ancient History Encyclopedia. Hindoes beskou die Vedas as apauruṣeya ("nie van ’n mens nie, bomenslik"Vaman Shivaram Apte, The Practical Sanskrit-English Dictionary en "onpersoonlik, anoniem").D Sharma, Classical Indian Philosophy: A Reader, Columbia University Press, ble. 196-197Jan Westerhoff (2009), Nagarjuna's Madhyamaka: A Philosophical Introduction, Oxford University Press, , ble. 290Warren Lee Todd (2013), The Ethics of Śaṅkara and Śāntideva: A Selfless Response to an Illusory World, , ble. 128
Vedas word ook genoem śruti ("wat gehoor word") letterkunde, wat dit onderskei van smṛti ("wat onthou word") godsdienstekste. Die Vedas word deur ortodokse Indiese teoloë beskou as onthullings wat deur antieke wysgeers gesien is ná intense meditasie, en teks wat sedert antieke tye versigtig bewaar word.Sheldon Pollock (2011), Boundaries, Dynamics and Construction of Traditions in South Asia (red.: Federico Squarcini), Anthem, , ble. 41-58Hartmut Scharfe (2002), Handbook of Oriental Studies, BRILL Academic, , ble. 13-14 In die epiese Hindoegedig Mahabharata kry die god Brahma die lof vir die skepping van die Vedas.Seer of the Fifth Veda: Kr̥ṣṇa Dvaipāyana Vyāsa in the Mahābhārata Bruce M. Sullivan, Motilal Banarsidass, ble. 85-86 Volgens die Vediese himnes self is hulle vernuftig deur rishi's (wysgeers) geskep ná geïnspireerde skeppingsvernuf, nes ’n timmerman ’n strydwa bou.
Daar is vier Vedas: die Rigveda, Yajurveda, Samaveda en Atharvaveda.Bloomfield, M. The Atharvaveda and the Gopatha-Brahmana, (Grundriss der Indo-Arischen Philologie und Altertumskunde II.1.b.) Strassburg 1899; Gonda, J. A history of Indian literature: I.1 Vedic literature (Samhitas and Brahmanas); I.2 The Ritual Sutras. Wiesbaden 1975, 1977 Elk word onderverdeel in vier groot tekstipes – die Samhitas (mantras en seëngebede), Aranyakas (geskrifte oor rituele, seremonies en offerandes), Brahmanas (kommentaar op rituele, seremonies en offerandes) en Upanishads (teks wat meditasie, filosofie en spirituele kennis bespreek).Gavin Flood (1996), An Introduction to Hinduism, Cambridge University Press, , ble. 35-39Jan Gonda (1975), Vedic Literature: (Saṃhitās and Brāhmaṇas), Otto Harrassowitz Verlag, Sommige geleerdes voeg ’n vyfde kategorie by: die Upasanas (aanbidding).A Bhattacharya (2006), Hindu Dharma: Introduction to Scriptures and Theology, , ble. 8-14Barbara A. Holdrege (1995), Veda and Torah: Transcending the Textuality of Scripture, State University of New York Press, , ble. 351-357
Die verskillende Indiese filosofieë en denominasies het verskillende sienings van die Vedas. Skole wat die geskrifte as hul skriftelike gesag beskou, word "ortodoks" (āstika) genoem.Elisa Freschi (2012), Duty, Language and Exegesis in Prabhakara Mimamsa, BRILL, , bl. 62 Ander tradisies, soos die Lokayata, Carvaka, Ajivika, Boeddhisme en Djainisme, vir wie die Vedas nie gesaghebbend is nie, word "heterodoks" of "nie-ortodoks" (nāstika) genoem."astika" en "nastika". Encyclopædia Britannica Online, 20 April 2016 Ondanks hul verskille, bespreek die verskillende Vedas dieselfde idees en begrippe.
Etimologie en gebruik Die Sanskrit-woord véda, "kennis, wysheid", (herdruk 2006 as ) is afgelei van die stam *vid-, "om te weet". Dit is weer afgelei van die Proto-Indo-Europese stam *u̯eid-, "om te sien, te weet". Die selfstandige naamwoord is afgelei van die Proto-Indo-Europese *u̯eidos.
Die Vedas word in dele van Suid-Indië Maṛai of Vaymoli genoem. Marai beteken letterlik "verborge, ’n geheim".Vasudha Narayanan (1994), The Vernacular Veda: Revelation, Recitation, and Ritual, University of South Carolina Press, , bl. 194John Carman (1989), The Tamil Veda: Pillan's Interpretation of the Tiruvaymoli, University of Chicago Press, , ble. 259-261
Ontstaan duimnael|280px|links|’n Kaart van Noord-Indië tydens die Vediese tydperk.
Die oudste dele van die Rigveda het waarskynlik omstreeks 1500 v.C. ontstaan en die ander drie ’n paar eeue later. Aanvanklik is hulle mondelings deur priesters oorgedra, maar omstreeks 500 v.C. is hulle op skrif gestel. Die tyd in die Indiese geskiedenis waarin die Vedas ontstaan het, word die Vediese tydperk genoem.
Teksontledings wys die Vedas het nie net een skrywer gehad nie, maar is mondelings oorgedra in die vorm van himnes en verhale. Dit was die werk van spesiale lede van die Brahmane, die sogenaamde pandits, om die verse uit hul kop te leer. Spesiale versvorme en ritmes het dié taak vergemaklik. Later is die tekste neergeskryf en saamgevoeg.
Die oudste van die vier Vedas is die Rigveda, wat in die mees argaïese vorm van Sanskrit geskryf is. Dit het sy huidige vorm aan die einde van die 2de millennium v.C. gekry, maar bevat tekste en himnes wat nog verder terugstrek. Die ander Vedas is later neergeskryf, waarskynlik aan die begin van die 1ste millennium v.C.
Die Vedas is saamgestel deur families Brahmane wat in sekere rituele gespesialiseer het. Hieruit het verskillende Vediese skole (charanas) ontstaan, met elk sy eie hersiene weergawe (shakha). Die Yajurveda het verreweg die meeste shakhas. Baie van hulle het in ’n sekere streek oorheers. Hierdeur kan die uitbreiding van die gebied van die Indo-Ariërs gevolg word; die oudste tekste uit die vroeë Vediese tydperk het in die Punjabgebied ontstaan, waarna daar ’n beweging ooswaarts waargeneem kan word na die gebied van die Kuru's en Panchalas ten tyde van die middel van die Vediese tydperk, en na Kosala en Videha in die laat Vediese tydperk.
Indeling Al vier Vedas bevat ’n versameling Samhitas (mantras en seëngebede), Aranyakas (geskrifte oor rituele, seremonies en offerandes), Brahmanas (kommentaar op rituele, seremonies en offerandes) en/of Upanishads (teks wat meditasie, filosofie en spirituele kennis bespreek).Gavin Flood (1996), An Introduction to Hinduism, Cambridge University Press, , ble. 35-39Jan Gonda (1975), Vedic Literature: (Saṃhitās and Brāhmaṇas), Otto Harrassowitz Verlag, Sommige geleerdes voeg ’n vyfde kategorie by: die Upasanas (aanbidding).A Bhattacharya (2006), Hindu Dharma: Introduction to Scriptures and Theology, , ble. 8-14Barbara A. Holdrege (1995), Veda and Torah: Transcending the Textuality of Scripture, State University of New York Press, , ble. 351-357
Die vier Vedas is: Rigveda: die Veda van die Verse; kennis oor lofsange;Hans Joachim Störig: 'Geschiedenis van de filosofie', Uitg. Het Spectrum BV, 1988 die basiese Veda met die himnes (lofsange) wat ook in die ander deels herbruik word Samaveda: die Veda van die Liedere; kennis oor die sangvorm Yajurveda: die Veda van die Offerspreuke; kennis oor die offerformules Atharvaveda: die Veda van Atharvan; kennis oor towerformules; rituele
+ Die Vedas Staal, J.F. (2008): Discovering the Vedas. Origins, Mantras, Rituals, Insights, Penguin Books India, p. 80-81 Shakha (weergawe) Samhita Brahmana Aranyaka Upanishad Rigveda Shakala Rigveda-Samhitac. 1200 v.C. Aitareya-Brahmanac. 800 v.C. Aitareya-Aranyaka Aitareya-Upanishad Vaskala Kausitaki-Brahmana of Sankhayana-Brahmana Kausitaki-Aranyaka of Sankhayana-Aranyaka Kausitaki-Upanishad Samaveda Ranayaniya – Kauthuma Samaveda-Samhita Pancavimsa-Brahmanac. 800 v.C.Sadvimsa-Brahmana Chandogya-Upanishad Jaiminiya of Talavakara Jaiminiya-Brahmana Kena-UpanishadJaiminiya-Upanishad-Brahmana Yajoerveda Krsna(Swart) Taittiriya Taittiriya-Samhitac. 900 v.C. Taittiriya-Brahmana Taittiriya-Aranyaka Taittiriya-Upanishad Kathaka Katha-Samhitac. 900 v.C. Katha-Brahmana Katha-Aranyaka Katha-Upanishad Maitrayani Maitrayani-Samhitac. 900 v.C. Maitri-Upanishad Sukla(Wit) Vajasaneyi-Samhitac. 700 v.C. Satapatha-Brahmanac. 700 v.C. Isa-UpanishadBrhadaranyaka-Upanishad Atharvaveda SaunakaPaippalada Atharvaveda-Samhitac. 1000 v.C. Gopatha-Brahmana Mundaka-UpanishadMandukya-Upanishad…
Inhoud Rigveda Die Rigveda-Samhita is die oudste bestaande Indo-Ariese geskrif.. Dit is ’n versameling van 1 028 Sanskrit lofsange en 10 600 verse wat in 10 boeke saamgevat is. Die lofsange is aan godhede opgedra. Die boeke is oor verskeie eeue saamgestel – vanaf rofweg die tweede helfte van die 2de millennium v.C. (die vroeë Vediese tydperk) – deur digters van verskillende priestergroepe in die Punjabstreek van die noordwestelike Indiese subkontinent. Van die datums wat geraam word, is 1700-1100 v.C. (Max Müller) en 1450-1350 v.C. (Michael Witzel).
Die Rigveda is volgens duidelike riglyne saamgestel: Dit begin met ’n klein boek wat geadresseer is aan Agni, Indra en ander gode, almal gerangskik volgens die afnemende getal himnes aan elke godheid; vir elke god is die volgorde van die himnes van die langste tot die kortste; tog neem die getal himnes per boek toe; eindelik is die digmaat ook sistematies gerangskik van jagati en tristubh tot anustubh en gayatri namate die teks aanloop.Witzel, M., "The Development of the Vedic Canon and its Schools : The Social and Political Milieu", Harvard University, in
Wat inhoud betref, verander die aard van lofsange vir die gode in die vroeë boeke tot Nasadiya Sukta, wat vrae vra soos "Wat is die oorsprong van die heelal; ken die gode ooit die antwoord?" Ander vrae sluit in "Wat is die waarde van welsyn in die gemeenskap?", "Waar kruip die son snags weg?" en "Wat is die semen van die kosmiese perd?"Mandala 10, Lofsang 117, Ralph T.H. Griffith (vertaler);C. Chatterjee (1995), Values in the Indian Ethos: An Overview, Journal of Human Values, Vol 1, No 1, ble. 3-12Jan Gonda, A History of Indian Literature: Veda and Upanishads, Volume 1, Part 1, Otto Harrassowitz Verlag, , ble. 134-135
Daar is ooreenkomste tussen die mitologie, rituele en taalgebruik van die Rigveda en dié in antieke Sentraal-Asië.Michael Witzel, The Rigvedic religious system and its central Asian and Hindukush antecedents, in The Vedas – Texts, Language and Ritual, reds.: Griffiths en Houben (2004), Brill Academic, , ble. 581-627
Samaveda Die Samaveda-Samhita, van sāman ("metriese himne, lofsang") bestaan uit 1 549 verse wat amper volledig uit die Rigveda gehaal is (buiten 75 mantras)..Witzel, M., "The Development of the Vedic Canon and its Schools : The Social and Political Milieu" in Dit bestaan uit twee hoofdele: Die eerste deel sluit vier melodieversamelings in en die tweede deel drie verseboeke. Nes in die Rigveda begin die vroeë seksies gewoonlik met lofsange aan Agni en Indra, maar die inhoud verskuif daarna na die abstrakte. Hul digmaat verander ook in ’n afnemende volgorde.
In die Samaveda word sommige van die Rigveda-verse meer as een keer herhaal.M. Bloomfield, , ble. 402-464 Saam met die herhalings is daar altesaam 1 875 verse in die Samaveda-weergawe wat deur Griffith vertaal is.Ralph T.H. Griffith, ble. 491-99. Twee groot weergawes het bewaar gebly: die Ranayaniya/Kauthuma en die Jaiminiya/Talavakara. Die doel daarvan was liturgies van aard; hulle was die repertoire van die "sangerpriesters".Annette Wilke and Oliver Moebus (2011), Sound and Communication: An Aesthetic Cultural History of Sanskrit Hinduism, Walter de Gruyter, , bl. 381
Yajurveda