Britannia kan na een van die volgende verwys:
Britannia, Romeinse provinsie en die naam wat die Romeine vir die eiland van Groot-Brittanje gebruik het. Die naam is afgelei van Grieks: Πρεττανία (Prettanía), soos gebruik deur Diodorus, en eerder νῆσος (nêsos) Πρεττανική (Prettanikḗ) of Βρεττανίαι (Brettaníai), soos gebruik deur Pytheas (4de eeu v.C.) Britannia, ’n vroulike figuur wat Brittanje verteenwoordig. Britanniabaai, dorp aan die Weskus van Suid-Afrika, sowat 47 km noord van Saldanha.