Fortuna was die Romeinse godin van geluk, toeval en lotsbestemmings. Sy kon goeie en slegte dinge laat gebeur en het die lewe se wispelturigheid verteenwoordig. Soms is sy uitgebeeld as blind en met ’n sluier, soortgelyk aan die moderne verpersoonliking van geregtigheid. As Atrox Fortuna, die godin van lotsbestemmings, het sy die lewe geëis van keiser Augustus se kleinseuns Gaius en Lucius, erfgename van die Ryk.Marguerite Kretschmer, "Atrox Fortuna" The Classical Journal 22.4 (Januarie 1927), 267 - 275.
Haar eweknie in die Griekse mitologie was die godin Tuge.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Romeinse mitologie