duimnael|265px|regs|Debre Damo in die noorde van Ethiopië.
Debre Damo is 'n prominente tafelberg of amba noordoos van Aksoem, aan die noordgrens van Ethiopië. Dit verwys ook na die kloosterkompleks op die bergplato wat volgens oorlewering reeds van die 6de eeu af bestaan. Dit is wes van Adigrat, in die Mehakelegnaw-sone van die Tigrai-streek geleë. Die bergplato vorm 'n trapesium van 1 km by 400 meter, op 'n hoogte van 2 216 meter bo seespieël.
Die antieke klooster op Debre Damo bevat die oudste staande kerkgebou in Ethiopië en word beskou as die kern van die Ethiopiese kerk. Dit mag net deur mans besoek word en is slegs bereikbaar deur met een van die gevlegte riemtoue teen die 15 meter hoë krans uit te klim. Die klooster is bekend vir sy versameling manuskripte, sommige nog in Ge'ez, en die kerkgebou waarvan die oorspronklike boustyl behoue gebly het.
Klooster duimnael|regs|265px|Die kerk van Debre Damo. duimnael|regs|265px|Die klimtoue wat na die klooster lei. Een van Ethiopië se nege Christenheiliges, aboena ("aartsbiskop") Za-Mikael Aregawi, sou die klooster op Debre Damo in die 5de of 6de eeu gestig het. In oorlogstyd was dit 'n toevlug en vesting vir die noordelike aristokrate, en een van die monnike sou instrumenteel wees in die omverwerping van die laaste Zagwe-koning. Op hul beurt het die kloosters baat gevind by die bruikleen van land wat deur die aristokrate toegestaan is.
Die klooster is vir die eerste keer argeologies ondersoek deur E. Litton, wat vroeg in die 20ste eeu 'n Duitse ekspedisie na Noord-Ethiopië gelei het. Toe David Buxton die antieke kerk in die middel 1940's besigtig, was dit volgens hom op die punt van ineenstorting.David Buxton, Travels in Ethiopia, tweede uitgawe (Londen: Benn, 1957), p. 126 'n Paar jaar later het die Engelse argitek D.H. Matthews bygedra tot die restourasie van die gebou. Dit het die herstel van een van die hout-en-klipmure ingesluit wat kenmerkend van die Aksoemitiese argitektuur is.David Buxton, The Abyssinians (New York: Praeger, 1970), pp. 97ff
Thomas Pakenham, wat die kerk in 1955 besoek het, vermeld 'n oorlewering dat Debre Damo, soos die meer bekende Wehni en Amba Geshen, eens as koninklike gevangenis vir opvolgers van die Keiser van Ethiopië gedien het.Thomas Pakenham, The Mountains of Rasselas (New York: Reynal & Co., 1959), pp. 79-86 Pakenham meld dat die buitemure van die kerk bestaan uit lae kalksteenblokke, wat afgewissel word met hout en projekterende stompe wat onder die Ethiopiërs as "aapkoppe" bekend staan. Toe Pakenham die kerk betree, was hy beïndruk met die afwerking:
Die meer as honderd monnike is redelik selfvoorsienend, en elke huis beskik oor 'n waterput wat uit die rots gekerf is. Beendere van gestorwenes word in vlak grotte op die plato geberg.
Verwysings
Eksterne skakels
Debre Damo Monastery, ethiopiantreasures.co.uk
Kategorie:Religie in Ethiopië Kategorie:Landvorme van Ethiopië Kategorie:Koninkryk Aksoem Kategorie:Kloosters