Sextus Propertius was ’n Latynse treurdigter uit die Augustynse tydperk. Hy is tussen 50 en 45 v.C. in Assisium (nou Assisi) gebore en is kort ná 15 v.C. dood.John Lemprière se Classical Dictionary

Propertius se werk wat bewaar gebly het, sluit vier boeke Elegiae (treurdigte) in. Hy was ’n vriend van die digters Gallus en Vergilius en deur hulle het hy die beskermheer Maecenas gehad, en deur Maecenas keiser Augustus. Hoewel Propertius nie in sy tyd so bekend was as ander Latynse treurdigters nie, beskou geleerdes hom vandag as een van die groot digters.

Baie min is bekend oor die lewe van Propertius buiten sy eie skryfwerk, maar die algemene voorkoms van obskure mitologie in sy gedigte dui daarop dat hy ’n goeie opvoeding gehad het. Uit die gereelde noem van vriende soos Tullus,e.g. I.1.9, 6.2, 14.20 en 22.1 die nefie van Lucius Volcatius Tullus (konsul in 33 v.C.), en sy gesogte woonplek is dit duidelik hy het tussen die kinders van die rykes beweeg en politieke verbintenisse gehad in die vroeë deel van 20's v.C. Dit was in dié tyd dat hy Cynthia ontmoet het, die ouer vroucf. II.18.19 wat hom sou inspireer om ’n poëtiese genie te word.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 47 v.C. Kategorie:Mense in die 1ste eeu v.C. Kategorie:Romeinse digters Kategorie:Sterftes in 14 v.C.