Die NZASM 40 Tonner 0-6-2T stoomlokomotief is 'n Suid-Afrikaanse tenklokomotief van die einde van die negentiende eeu. Twintig van hierdie lokomotiewe is deur die Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy (NZASM) bestel en gebruik. Aangesien NZASM se lokomotiewe volgens hul gewig geklasifisieer is, is hierdie lokomotief as die "40-tonner" bekend.
Met die voltooing van die Komatipoortbrug het die Delagoabaaispoorlyn Komatipoort op 1 Junie 1891 bereik. Tien lokomotiewe was reeds vanaf Maschinenfabrik Esslingen in Duitsland bestel, al was die res van die spoorlyn steeds in aanbou. Nog tien lokomotiewe is later in dieselfde jaar bestel. Dertien lokomotiewe is in daardie jaar afgelewer en die res volg in 1892. Elke lokomotief het 'n naam en ook 'n nommer gekry. Die spoorlyn tussen die Kaap en Pretoria is op 1 Januarie 1893 voltooi en die Delagoabaaispoorlyn is op 20 Oktober 1894 voltooi.
Na die Tweede Vryheidsoorlog is negentien lokomotiewe aan die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR) oorgedra. Met die stigting van die Suid-Afrikaanse Spoorweë is hierdie lokomotiefklas as verouderd verklaar.
Die besonderhede van alle NZASM/CSAR se 40-tonners volg hieronder. +NZASM no.NaamBoujaarWerks-nommer41 Voortrekker1891 2436 42 President Kruger1891 2437 43 Generaal Joubert1891 2438 44 Dr. Leyds1891 2439 45 Generaal Smit1891 2440 46 Eduard W. Bok1891 2441 47 Wolmarans1891 2442 48 Kloppers1891 2443 49 Taljaard1891 2444 50 S.W. Burger1891 2445 51 Van der Merwe1891 2480 52 Vorster1891 2481 53 Coetzee1891 2482 54 Lombard1892 2483 55 Van Riebeeck1892 2484 56 Piet Retief1892 2485 57 Pretorius1892 2486 58 Potgieter1892 2487 59 J. Groll1892 2488 60 D. Maarschalk1892 2489
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine