Die Curtiss SB2C Helldiver was 'n eenmotorige duikbomwerper wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig het sy nooiensvlug voltooi op 18 Desember 1940.

Geskiedenis Die eerste prototipe XSB2C-1 is vernietig in 'n ongeluk die jaar nadat dit sy nooiensvlug op 18 Desember 1940 voltooi het. In November 1940 is die eerste bestelling van die Amerikaanse Vloot vir model SB2C-1 ontvang. Dit is later vermeerder totdat 978 vliegtuie afgelewer is, met die eerste vliegtuig wat in Junie 1942 afgelewer is.

Daar is ook later bestellings vir 1 112 SB2C-3's, 2 045 SB2C-4's en 970 SB2C-5's ontvang. Die SB2C-3 model was toegerus met die 1 900 perdekrag R-2600-20 Cyclone stermotor terwyl radar by die model SB2C-4 geïnstalleer is. Daar is ook voorsiening gemaak dat dié model ook 'n ekstra 454 kg bom of 8 5-duim vuurpyle kon dra. Die SB2C-5 was 'n SB2C-4 met 'n langer togafstand.

Die United States Army Air Forces het ook 900 Helldivers gekoop wat as die A-25A Shrike bekend gestaan het. Die vliegtuie is later na die Amerikaanse Marinierskorps oorgeplaas.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Curtiss SB2C-1C: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Wright R2600-8 Cyclone stermotor Kraglewering per motor 1 700 perdekrag Vlerkspan15,15 m Lengte11,18 m Hoogte4,50 m Normale opstygmassa6 695 kg Maks. snelheid452 km/h op 3 780 m Operasionele hoogte7 529 m Togafstand 3 050kmBewapeningEen 20mm kanon in elke vlerk, twee 0,30 masjiengewere agter in kajuitBomvragEen 454 kg bom in bomlaai

Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books. 2012.

Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog