Die Grumman TBF Avenger was 'n bomwerper wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Vliegtuie deur General Motors gebou staan bekend as TBM. Die vliegtuig het sy nooiensvlug voltooi op 1 Augustus 1941. Die vliegtuie het aan die Slag van Midway deelgeneem, en was ook deel van die vliegdekskip USS Hornet se vliegtuie.

Tegniese besonderhede

+ Besonderhede van die Grumman TBM-3 Avenger: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Wright R-2600-20 Cyclone stermotor Kraglewering per motor 1 900 perdekrag Vlerkspan16,51 m Lengte12,19 m Hoogte5,00 m Maks opstygmassa8 278 kg Maks. snelheid430 km/h op 4 572 m Operasionele hoogte7 132 m Togafstand 4 072 kmBewapeningEen 0,50 masjiengeweer in elke vlerk en een in die dorsale skiettoring. Een 0,30 masjiengeweer bo-in enjin, en een onder kajuit in tru-posisie.BomvragEen 22-duim torpedo of een 907 kg bom in bomlaai. Voorsiening gemaak virvuurpyle onder vlerke.

Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012

Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog