'n Swart-bosbruintjie (of Common Bush Brown soos dit in Engels bekend staan), is 'n vlinder, Bicyclus safitza, met 'n aantal subspesies, en behoort tot die familie van vierpootskoenlappers (Nymphalidae).

Verspreiding Dit kom dwarsoor Afrika voor, insluitend Madagaskar.

Habitat Swart-bosbruintjie kom hoofsaaklik in savanne en oop of afgetakelde droë woude voor, maar in die droë seisoen word dit ook in reënwoude aangetref, waar die woud nie te dig is nie.

Kenmerke Die mannetjie is donkerbruin en die wyfie is effens ligter van kleur. Albei geslagte het kenmerkende oogkolle aan die onderkant van die voorvlerk en somtyds aan die agtervlerk. Die vlerkspan van die mannetjie is 45 – 48 mm, en die van die wyfie is 40 – 43 mm. Die oogkolle is baie opvallend in die somermaande en minder in die wintermaande.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders

Verwysings

Kategorie:Skoenlappers