'n Hoofmonnik of Toordokter (Chief of Chief Friar soos dit in Engels bekend staan), is 'n vlinder, Amauris echeria, met 18 subspesies, en behoort tot die familie van vierpootskoenlappers (Nymphalidae).
Verspreiding Dit kom in Suid-Afrika meestal in laagliggende gebiede voor, asook by berghange vanaf Nigerië tot Eritrea en suid tot by Malawi en Zambië. In die suide van Mosambiek, Zimbabwe, Botswana en Swaziland kom dit op laer vlakke voor, en daal na seevlak in die suidelike distrikte van Suid-Afrika.
Habitat Die Hoofmonnik kom meestal in bergwoude en lae berghange voor, maar in Suid Afrika kom dit ook in laagliggende gebiede voor.
Kenmerke Swart bokant met roomkleurige kolle op die voorvlerk. Die vlerkspan van die mannetjie is 55 – 65 mm, en die van die wyfie is 63 – 70 mm.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders
Verwysings
Kategorie:Skoenlappers