Titus Maccius Plautus (ook net as Plautus bekend; c. 254-184 v.C.) was ’n Romeinse dramaturg uit die Oud-Latynse tydperk. Sy komedies is die vroegste Latynse letterkundige werke wat volledig bewaar gebly het. Hy het Palliata comoedia geskryf, die genre wat geskep is deur die vader van Latynse letterkunde, Andronicus.

Nadat sy toneeltalent ontdek is, het hy die name "Maccius" (’n narfiguur in gewilde klugspele) en "Plautus" (’n term wat "met plat voete/ore" beteken) aangeneem.S. O'Bryhim. Greek and Roman Comedy (University of Texas Press, 2001), p. 149. Die meeste van sy komedies is vir ’n Romeinse gehoor aangepas van Griekse modelle, en is dikwels regstreeks geskoei op die werk van Griekse dramaturge. Hy het die Griekse teks ’n geurtjie gegee wat by Romeinse gehore sou aanklank vind.

Komedies wat bewaar gebly het

Amphitryon Asinaria Aulularia Bacchides Captivi

Casina Cistellaria Curculio Epidicus Menaechmi

Mercator Miles Gloriosus Mostellaria Persa Poenulus

Pseudolus Rudens Stichus Trinummus Truculentus

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 254 v.C. Kategorie:Mense in die 2de eeu v.C. Kategorie:Mense in die 3de eeu v.C. Kategorie:Romeinse skrywers Kategorie:Sterftes in 184 v.C.