Marcus Valerius Martialis (ook net as Martialis bekend; tussen 38 en 41 n.C. tot tussen 102 en 104 n.C.) was ’n Romeinse digter van Hispania (nou Spanje) wat die bekendste is vir sy 12 boeke Epigramme, wat tussen 86 en 103 n.C. gepubliseer is, tydens die bewind van keisers Domitianus, Nerva en Trajanus. In hierdie kort, gevatte satiriese gedigte skryf hy oor die stadslewe en die skandalige bedrywighede van sy tydgenote, en romantiseer hy sy plattelandse opvoeding. Hy het altesaam 1 561 geskryf, waarvan 1 235 elegiese koeplette is.
Martialis is al die grootste Latynse epigrammatis genoem, en word beskou as die vader van die moderne epigram.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 40 Kategorie:Mense in die 1ste eeu Kategorie:Romeinse digters Kategorie:Sterftes in 104