Charlize Berg (gebore 10 April 1992 in Centurion, Suid-Afrika) is 'n Afrikaanse sangeres wat van kleins af begin sing het. Tussen 2008 en 2009 tree sy saam met die Suid-Afrikaanse sanger, Kevin Leo op. Hulle neem hulle eerste album, Sentimental, saam op. In 2010 teken sy 'n platekontrak met Select Music en in 2011 word haar eerste solo-album, Charlize Berg vrygestel. In 2012 word sy genomineer vir 'n SAMA-prys.
Diskografie Charlize Berg (2011) Deluxe Weergawe (2013) 'n Spesiale Aand met Charlize Berg (2013) As Jy Weet Dis Liefde (2016) A Magical Christmas with Charlize Berg (2018)
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Verwysings
Eksterne skakels Musiekvideo's "As Jy Weet Dis Liefde" op YouTube "Braaf" op YouTube
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense