regs|duimnael|200px|’n Oenochoë met ’n drieledige tuit in die wildebokstyl, c. 625-600 v.C., in die Louvre.

’n Oenochoë of oinochoë (Grieks: οἰνοχόη; van οἶνος oînos, "wyn", en χέω khéō, "ek skink") is ’n wynbeker en ’n belangrike soort erdekruik uit Antieke Griekeland. Die meervoud is oenochoai of oinochoai.

Beskrywing Daar is baie soorte oenochoai; die vroegste bekende soort is die olpe (ὀλπή), wat gewoonlik ’n handvatsel gehad het wat ver bo die rand uitsteek en met geen onderskeibare skouer nie. Tipe 8 is wat ’n mens ’n beker sou noem; dit het geen tuit gehad nie. Die chous (χοῦς) was ’n stewige oenochoë met ’n drieledige tuit. Klein voorbeelde met uitbeeldings van kinders daarop is dikwels in kindergrafte geplaas.Beazley Archive , Oxford-universiteit, "Oinochoe, olpe and chous" Oenochoai is soms versier en ander kere nie.Woodford, S. (1986). An Introduction to Greek Art. Londen: Duckworth, bl. 12. Hulle het gewoonlik net een handvatsel gehad en dikwels ’n drieledige tuit vir skink. Groottes het aansienlik verskil; die meeste was tot 25 cm hoog en kon met een hand vasgehou word, maar daar was ook groteres.

Die meeste Griekse oenochoai was erdewerk, maar bekers van metaal was waarskynlik algemeen onder die meer gegoedes. Min het egter bewaar gebly.Silwer-oenochoë uit die "Tombe van Philip" by Vergina, accessdate=2015-06-24 Groot klipweergawes is dikwels gebruik om grafte te merk. Sommige oenochoai was van "plastiek", met ’n mensekop of twee wat die lyf vorm.

Voorbeelde

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geskiedenis van Griekeland Kategorie:Kombuisware Kategorie:Oud-Griekse erdewerk Kategorie:Wyn